Yellow Door
Om weer te leer praat─── MARGARINE 20:03 Tue, 01 Oct 2013

Margarine meen ‘n mens se stem is weerloos. Dit is hoekom dit diep binne in jou keel skuil, net duskant jou hartklop. Mens kan nie jou stem ‘n facelift gee deur dit met botox in te spuit nie. Jy kan nie jou stem verander so vinnig soos wat jy jou haarkleur kan nie.
My stem. I was kinda fond of it. Ek het nooit gedink ek het ‘n particularly beautiful stem nie, maar ek het van my stem gehou. Jy weet, soos wat ‘n mens van jou hare of neus of tone hou. Ek moes weer leer praat na ek uit my koma wakker geword het en jy weet mos maar dat ‘n copy nooit so goed is soos die oorspronklike nie.
Die speech impediment wat ek het noem mens disartrie (dysarthia).
Dysarthria: 'dys' meaning abnormal or difficult and 'arthr' meaning articulating.
Disartrie is ‘n toestand waar probleme ondervind word met die spiere wat 'n mens help om te praat. Dit word gekarakteriseer deur slegte artikulasie van veral plofklanke. Letters soos “p”; “t”; “k” veroorsaak dat my tong langsaam rondslinger in my mond en dit is dus moeilik om sommige woorde uit te spreek. Enigiets met ‘n “r” laat my tong trrril soos ‘n ratelslang se stert. Dit klink ook asof ek backfire met elke “b”; “d”; “h” wat ek try vorm, maar ek klink darem nie té bad nie. Die regterkant van my gesig is effens verlam en dit belemmer die tempo waarteen ek praat so ‘n bietjie, maar ek klink regtig nie te bad nie. Al strompel woorde soms lomp by my mond uit en ander kere storm hulle weer holderstebolder uit my uit, klink ek nie onduidelik nie. Miskien slightly intoxicated (ook maar goed ek mag nie meer bestuur nie), maar ek is steeds verstaanbaar. My tong is nie meer die briljante gimnas van ouds nie, sy is lomp en onfiks, maar ten minste kan ek nog PRAAT.
Tanya het my nou die dag vertel dat sy so 'n sê-ding gehoor het wat iets sê in die lyn van “if you can’t be happy with what you have, be happy for what you have escaped.” Nou, as die brein breek, kan sy (of hy, afhangende van jou opinie en geslag) so groot skrik dat dit onder andere jou gehoor, reuk, smaak of/en spraak kan insluk. Daar was eenkeer ‘n man by die rehab in Rustenburg wat glad nie meer kon praat na sy beroerte nie. Mens noem dit Aphasia. Dis ‘n language disorder wat in verskillende grade kan voorkom na ‘n breinbesering of ‘n beroerte, wat wissel van party mense wat sukkel om spesifieke woorde te onthou tot ander mense wat glad nie meer kan praat, lees of skryf nie. So I should be pretty thankful for what I have escaped, right?
Een ding wat ek nooit ooit verwag het nie, was om my spoeg te verloor. Jy verwag om ‘n D vir wiskunde te kry in die matriekeindeksamen (ek het) of om jou learner’s die eerste keer te druip (yup). As dit wel gebeur, is dit nog steeds ‘n skok. As jy eendag wakker word en jou tong voel soos ‘n uitgedroogte slak wat teen jou verhemelte vasklou, slaan jou brein bommelakiesie en dan ‘n blank. Mens noem dit xerostomia. Xeros beteken"droog” en stoma beteken "mond” in Grieks. Dit het naturally my spraak geaffekteer. Spoeg lubricate immers die tong en die mond. Dit is die spraakorgane se olie en brake fluid. Daarsonder het my tong nie net teen my verhemelte en wange vasgestrompel nie, maar sommer ook daaraan vasgeplak en traag weggeskeur van die dorre, onbeholpe liefkosing.
My ou stem gaan nooit weer ‘terugkom’ nie. My stem sal nooit weer wees soos sy was nie. Ek het gehoop sy sou. Ek wou so graag hê sy moes, maar net soos my lyf onomkeerbaar verander is en ek myself nie ‘gesond’ kon oefen nie, so kon ek nie my stem ‘gesond’oefen nie. Dit was moeliker om te verstaan though, omdat ek nie my stem kon SIEN nie. Ek kon voel hoe my tong struikel oor sommige woorde, maar ek (en jy) kan nie my stem mank sien loop nie. Ek dink dit is hoekom dit moeliker vir my was om te verwerk (en my nog steeds onkant vang elke keer as ek myself deesdae op tv of radio hoor). Almal kan sien ek sukkel om te loop. Almal kan sien dat my lyf ooglopend en onherroeplik verander is deur die ongeluk, maar my stem… Niemand kan ‘n stem sien nie. Jy kan net ‘n stem hoor. Dit is of strelend en pleasing of dit is grof op die oor. Die meeste mense is byna instinktief judgemental oor hoe iemand anders klink. As hulle mompel of stotter. As hulle nasaal of skril of hees klink. As hulle met ‘n vreemde aksent praat. Even as hulle die heeltyd pruil of frons terwyl hulle praat. Stoppit. Besef dit is ‘n voorreg om te kán praat en woorde werk soos 'n boomerang. Watse vibes jy ookal uitstuur, kom terug na jou toe. Met woorde kan jy iemand vervloek of betower. Die keuse is joune.
“Words cast a spell. That is why it is called spelling. Words are energy; use them wisely.” Anonymous