On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Wen jou plek by Yonder Hartsfees 2025!

Die fees wat jou hart steel is 4 – 7 September 2025 terug in Kimberley. Maak gereed vir 'n onvergeetlike ervaring by Yonder Hartsfees 2025, wat plaasvind by Malu Park, Kimberley! Ervaar vier dae van musiek, kos, kultuur en liefde by die Yonder Hartsfees – waar elke hart ’n storie het. 

Staan ’n kans om een van vyf stelle dubbelkaartjies te wen en die hartsfees self te beleef.

Op die verhoog: Spoegwolf, BlackByrd, Early B & Justin Vega, Emo Adams en ‘n hele rits plaaslike talent. Geniet ook die Bokke teen die All Blacks op die groot skerm, kroeg en biertuin plus, hope kindervermaak, pretpark, en kom koop en smul na hartelus by die mark.

Kaartjies is beskikbaar by Open Tickets.

Beantwoord eenvoudig die vraag hieronder om in te skryf. Die wenners sal Maandag, 1 September 2025 gekontak word. B’s en V’s geld.

Deur die Noord-Kaapse Geestesgesondheidsvereniging te ondersteun, help jy om hoop, vaardighede en beter sorg aan mense met geestesgesondheidsuitdagings te bied. Jou bydrae maak dit moontlik om lewens te verbeter en die vaardigheidsontwikkelingsprogram regoor die Noord-Kaap uit te brei. Elke rand versterk ons hande om waarde en waardigheid terug te gee aan dié wat dit die nodigste het.

Vraag: Waar vind Yonder Hartsfees 2025 plaas?




@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.