On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan OFM
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams
Ontspan by Koelte Tuin mark

Ontspan by Koelte Tuin mark Venue: Paryslaan 35, Potchefstroom

26 Maart 2021

Mid-Morning Magic

09:00 – 12:00 (OFM Buite-uitsending)

Mark oop van 09:00 – 21:00

Op Vrydag, 26 Maart, bied Die Koelte Tuin in Potchefstroom ’n mark met verskeie stalletjies vanaf 09:00 tot 21:00. Verskeie Potchefstroomse kunstenaars, insluitend die groep Vaarwel, sal optree.

Mid-Morning Magic met Yolanda Maartens saai vanaf 09:00 regstreeks uit vanaf dié unieke leefstylsentrum by Paryslaan 35.

Al die winkels sal op die dag groot spesiale aanbiedings hê, soos:

  • Die Biltong Winkel: 30% korting op braaitoerusting, wen biltong-koopbewyse ter waarde van R1 000, en sekelboshout word verkoop teen R15 per sak.
  • The Jukebox Tea Garden and Restaurant: toentertyd se burgers, melkskommels en yskoue bier met ’n bars-’n-ballon korting tot en met 20%.
  • Uppercut: ’n gratis baardsny met ’n haarsny.
  • Avanti Clothing: kortings tussen 10 en 25% op alle voorraad vanaf Loka klere tot winterstewels.
  • Roosmaryn Restaurant: Kry twee gegeurde gins vir R50. Roosmaryntjie ontbyt – 2 eiers, 2 repies spek, ’n “cheese griller”, gebraaide tamatie, skyfies en roosterbrood met ‘n filter koffie vir R50. Kry ’n gratis gin of melkskommel saam met ’n Roosmaryn burger. Alkohol nie koop aan persone onder 18, geniet verantwoordelik.
  • Easy Pets: 10% korting vir die hele dag op alles in die winkel.
  • Die Krat Padstal: Koop vir meer as R300, gooi jou strokie in ’n houer en staan ’n kans om ’n geskenkpak van R800 te wen.
  • Valeri Flower Boutique: Spandeer R300 of meer op ’n bos blomme en kry 10% korting op jou aankope.
  • O’Mé Nail Salon:  bars ’n ballon en wen kortings of sluit gratis aan by Curves.
  • Joy Gardens: 15% korting tot 31 Maart op alle plante, vetplante, bome, struike en saailinge.

Die Koelte Tuin is ’n boomryke inkopiesentrum. Kom ontspan en kuier. Die hele familie is welkom – asook troeteldiere!

Lees meer op hulle Facebook-blad.

En moenie vergeet nie, dis ook waar jy verseker OFM se geel voertuie sal sien en jou kans kan verbeter om ‘n deel van R35 000 te wen! Vir meer inligting, besoek: www.ofm.co.za/competition/3342/spot-ofm-s-yellow-fleet-competition

View All

News

Iran-teenaanval volg kort op Israeliese lugaanvalle

Spanning in die Midde-Ooste het nuwe hoogtes bereik toe Israel Vrydagoggend (13/6) onder meer Iran se kern- en militêre fasiliteite, asook die land se hoofuraanverrykingsaanleg in Natanz, geteiken het...  Read More


Rekordhoë kwik voorspel droogtes, oorstromings, veldbrande

Die wêreld staan op die drumpel van ’n gevaarlike nuwe klimaatstydperk, waarsku die Wêreld- Meteorologiese Organisasie (WMO) in sy jongste verslag.  Read More


Van konfrontasie tot gesprek: Ramaphosa en Trump vergader

Die Suid-Afrikaanse afvaardiging na Amerika is opgeruimd oor privaat gesprekke Woensdagaand (21/5) met die Amerikaanse pres. Donald Trump, wat gevolg het op ’n konfrontasie voor die media in die...  Read More


Oekraïne vra Suid-Afrika om ontvoerde kinders te help terugbring

Tydens sy blitsbesoek aan Suid-Afrika het pres. Wolodimir Zelenski pres. Cyril Ramaphosa gevra om Oekraïense kinders wat in Rusland is, te help terugbring huis toe.  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.