On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams
Geniet die RPO NK Wys Jou Vleisfees in Kimberley!

Geniet die RPO NK Wys Jou Vleisfees in Kimberley! Venue: Mittah Seperepere Konferensiesentrum, Kimberley

Die Rooivleis Produsente Organisasie Noord-Kaap bied op 13 Junie 2025 in samewerking met Beefmaster die Wys Jou Vleisfees aan by die Mittah Seperepere Konferensiesentrum in Kimberley.

Dit is ‘n fees vir elke vleisliefhebber – met meer as 100 stalletjies, vee-uitstallings, kompetisies soos skaapkop-eet en boogskiet, die gewilde Lamb Champs, en ‘n propvol musiekprogram tot 23:00 met Droomsindroom, Jan Jan Jan, en meer!

Kaartjies is te koop vanaf R50 op Quicket en by die hekke (geen kontant word aanvaar nie). Daar is verskeie konsertkaartjie-opsies beskikbaar.

Damesoggend 12 Junie

Die Rooivleis Produsente Organisasie Noord-Kaap nooi alle vroue na ’n spesiale oggend op 12 Junie 2025 by die Protea Hotel in Kimberley. Die tema is Vroue as simbole van hoop en inspirasie vir die landbou se toekoms. Kom luister na inspirerende sprekers soos Nadine Blom en Christel Basson. Kaartjies is R300 per persoon. Bespreek by Yolande of Botha op 067 597 1866e-pos rponc@rpo.co.za voor 30 Mei.


Program vir 13 Junie

BUITE TEATER

  • 08:00 – 08:15 RPO NK verwelkom en gee 'n kort aanbieding oor wat hulle doen en hul rol in die rooivleiswaardeketting – Brand du Toit
  • 08:15 – 08:30 Agri NK sal 'n kort aanbieding doen en hul rol in landbou in die Noord-Kaap verduidelik – Dirk Krapohl
  • 08:30 – 09:00 GWK sal 'n aanbieding doen oor hul dienste
  • 09:00 – 10:00 Sol Plaatjie Universiteit se Sentrum vir Globale Verandering sal die navorsing wat hulle doen oor klimaatsverandering, spesifiek vir die landbou verduidelik, en inligting oor hul bevindinge gee Dr Siviwe Malongweni and Dr Doug Harebottle
  • 09:30 – 10:00 Dr Marize Sounes van die Departement van Landbou sal meer inligting en terugvoer gee oor die navorsingsprojek wat sy tans bestuur oor hoe temperatuurveranderinge voortplanting en genetika in beeste beïnvloed
  • 10:00 – 10:45 Dr Fanie de Lange Snr, ‘n lektor by die UV, sal 'n aanbieding lewer oor sy navorsing oor grondwaterstudies
  • 10:45 – 11:15 Dr Beanelri Janecke, die bestuurder van die predasiesentrum by die UV, sal terugvoer gee oor predasietendense en -bevindings in die Noord-Kaap
  • 11:15 – 11:30 SA Stamboek kom gee lesing oor hul Dienste – Herman Labuschagne
  • 11:30 – 11:45 Dr Riaan du Preez van MSD lewer ‘n praatjie oor dieregesondheid
  • 11:45 – 12:00 Voermol lewer ‘n praatjie oor vee voere
  • 12:00 – 12:30 Dewald Olivier gesels oor die 2030 visie en projekte vir 2025 asook die naspeurbaarheid stel en diereraportering stelsel.

BINNE TEATER

  • 13:30 – 13:45 Peritum – Besonderhede oor kursus, toelaes en waar en hoe om aansoek te doen
  • 13:45 – 14:00 GWK – Loopbaangeleenthede veral in wynmaak
  • 14:00 – 14:15 SPU – Besonderhede oor grade, kursusse, toelaes en waar en hoe om aansoek te doen
  • 14:15 – 14:30 FS Landboukollege
  • 14:30 – 14:45 Departement van Landbou oor loopbaangeleenthede in landbou binne die regering
  • 14:45 – 15:00 Vasvra oor die loopbaaninligtingsessie waar pryse vir korrekte antwoorde uitgedeel sal word.

KOMPETISIES

  • 11:00 – 15:00 Laaste kook vir die RPO NK Junior Kok van die Jaar-kompetisie by Butlers Restaurant saam met Kokkedoor se Theresa de Vries en Kokkedoor Vuur en Vlam se Benjie as gas beoordelaars
  • 12:30 – 13:30 Skaapkop-eetkompetisie – Max 30 inskrywings die oggend R50 elk
  • 14:00 – 15:00 Strongman-kompetisie – algemene kompetisie gratis. Wys jou ras se sterkste man.Inskrywings die oggend R50
  • 15:30 – 16:30 Eindstryd van die boogskutter kompetisie
  • 15:00 – 16:00 Beoordeling van Lamb Champs
  • 16:00 – 18:00 Opskep van spit vir spitvleis kaartjie houers (R50 vir ‘n bak spitvleis). Slegs 1000 beskikbaar.

'n Vee-uitstalling met verskeie rasse sal die publiek en nuwe en opkomende boere inlig oor die verskillende rasse en hul sterkpunte en swakhede.

Van 16:00 tot 23:00 sal verskeie kunstenaars optree: Donne Hunt, Hannah E, Venessa, Grondvlak, Mars, GNT, Jan Jan Jan, en Droomsindroom. Die MC vir die aand is David Botha, die bekende Boerboel-model.


View All

News

Elon Musk kondig sy ‘America Party’ amptelik aan

Die Suid-Afrikaans-gebore tegnologie-miljardêr en entrepreneur Elon Musk het die stigting van ’n nuwe politieke organisasie, die “America Party”, aangekondig en daarmee sy amptelike toetrede tot die...  Read More


Staatshoofde kom byeen in Rio de Janeiro vir Brics-beraad

Alle oë is op Rio de Janeiro, waar staatshoofde en afvaardigings van regoor die wêreld verwelkom gaan word vir die 17de Brics-beraad.  Read More


Peperduur ruimtebegrafnisseremonie misluk

’n Simboliese laaste reis na die ruimte het in hartseer ontaard vir talle families in rou, toe ’n ruimtebegrafnismissie tragies geëindig het.  Read More


Australië bied wêreld se eerste visum weens klimaatsverandering

Namate stygende seevlakke klein eilandnasies dwing om skuiling te soek, het Australië met ’n projek vorendag gekom.  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.