
Die wag is byna verby! Sentraal-SA se nuutste musiekster is hieren jy kan deel wees van die opwinding wanner OFM TrokTalent-wenner, Rudo Schwim, sy debuut enkelsnit in Clarens bekend stel op Vrydag, 4 Julie 2025!
As deel van sy groot prys, het Rudo saam met Select Musiek ('n afdeling van Sony Music Entertainment Africa) ‘n enkelsnit asook video opgeneem en ons vier hierdie ongelooflike mypaal wat ‘n wenteling in sy musiekloopbaan verteenwoordig by Firkin Pub & Grill. Kom geniet saam met die OFM-span. Let wel, spasie is beperk, so kom vroeg en kry jou sitplek.
Ons vier ook OFM se 39ste verjaarsdag – so maak seker jy loop dit nie mis nie!
Jy staan ook die kans om ‘n BBP bekendstellingspartytjie-ervaring vir twee te wen, insluitend: BBP-sitplekke; R5000 reis- en sakgeld; en tweenagte verblyf.
Om in te skryf, volg Rudo Schwim op Facebook, Instagram en TikTok, wens hom alle sterkte toe met symusiekloopbaan en ‘tag’ saam met wie jy die naweek wil deurbring.
Let wel: Die partytjie vind plaas by ‘n kroeg. Wenners moet ouer as 18 wees. Slegs bogenoemde kostes word ingesluit. Ander uitgawes soos etes vir wenner se rekening. Wenner moet self na Clarens reis en terug.