On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams
Yonder Hartsfees propvol vermaak hierdie September

Yonder Hartsfees propvol vermaak hierdie September Venue: Malu Park, Kimberley

Die fees wat jou hart steel is 4 – 7 September 2025 terug in Kimberley. Maak gereed vir 'n onvergeetlike ervaring by Yonder Hartsfees 2025, wat plaasvind by Malu Park, Kimberley! Ervaar vier dae van musiek, kos, kultuur en liefde by die Yonder Hartsfees – waar elke hart ’n storie het.

Op die verhoog: Spoegwolf, BlackByrd, Early B & Justin Vega, Emo Adams en ‘n hele rits plaaslike talent. Geniet ook die Bokke teen die All Blacks op die groot skerm, kroeg en biertuin, plus hope kindervermaak, pretpark, en kom koop en smul na hartelus by die mark.

Die OFM Top 30 met Laurika du Preez saai regstreeks uit 09:00 – 12:00 op Saterdag, 6 September.

Kaartjies is beskikbaar by Open Tickets.

Deur die Noord-Kaapse Geestesgesondheidsvereniging te ondersteun, help jy om hoop, vaardighede en beter sorg aan mense met geestesgesondheidsuitdagings te bied. Jou bydrae maak dit moontlik om lewens te verbeter en die vaardigheidsontwikkelingsprogram regoor die Noord-Kaap uit te brei. Elke rand versterk ons hande om waarde en waardigheid terug te gee aan dié wat dit die nodigste het.













View All

News

Dit reën missiele – maar Zelenski stem in tot beraad met Poetin

Nadat Rusland een van die grootste lugaanvalle tot dusver vanjaar op Oekraïne uitgevoer het, herhaal pres. Wolodimir Zelenski sy bereidwilligheid om met pres. Wladimir Poetin van Rusland oor vrede te...  Read More


Israel mobiliseer 60 000 reserviste voor aanslag op Gasa-stad

Israel beplan om 60 000 reserviste op te roep vir ’n grootskaalse grondaanval op Gasa-stad, wat deur premier Benyamin Netanyahu as Hamas se laaste groot vesting beskryf word.  Read More


Hamas aanvaar nuwe skietstilstandvoorstel, Israel se reaksie onseker

Hamas sê hy aanvaar ’n nuwe skietstilstandvoorstel van Egipte en Katar se bemiddelaars. Die plan sluit in die vrylating van sowat die helfte van die oorblywende Israeliese gyselaars in Gasa.  Read More


Gasa op rand van ‘katastrofiese hongersnood’

Ondanks Israel se onlangse aankondiging van daaglikse humanitêre onderbrekings waarsku agentskappe van die VN teen “katastrofiese toestande”, wat lei tot ’n hongersnoodkrisis in Gasa met ongekende...  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.