Vanaf 25 tot 30 November 2024 bied die Vrystaat Nasorgsentrum vir verstandelik gestremde volwassenes ons jaarlikse Kersmark en Liggiefees aan. Tydens die geleentheid word handvervaardigde produkte van ons beskermde werswinkels te koop aangebied. Hierdie jaar is daar ook 'n spesiale Kersfeesafdeling met die mooiste Kersversierings en Kersgebak. Die Liggiefees is 'n towerland vir oud en jonk met duisende Kersliggies en foto geleenthede vir die familie. Kom kuier saam in die Koskuierkol met heerlike kos en lewendige vermaak. Die mark is elke dag vanaf die 25ste tot die 30ste November vanaf 18:00 tot 22:00 oop. Geen toegangsfooi slegs vrywillige donasie by die hekke. Alle fondse is ten bate van die versorging van volwasse verstandelik gestremde persone.
Vrystaat Nasorgsentrum Kersmark en Liggiefees
Venue: Vrystaat Nasorgsentrum
| Event date: 28 October 2024, 11:49
| Area: Free State
| City: Bloemfontein
| Address: 44 Bloemendal Weg, Rayton, net voor Lettie Fouche Skool
| Contact Number: 0514366034
| Contact Email: admin@fsnasorg.org
Advertisement
Advertisement