On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: Grey Kollege Sekondêr - Loopbaandag 14 Maart 2025

Grey Kollege Sekondêr - Loopbaandag 14 Maart 2025

Aan al Bloemfontein se graad 10, 11 en 12 leerders: Indien jy nog wonder watse loopbaan jy eendag gaan betree, waar jy gaan studeer, stoei met die idee van tersiêre onderrig, verblyf of geleentheid om oorsee te gaan…trek nader jou kalender en pen Vrydag, 14 Maart vas. Jy moet van 10: 00 – 12:00 by Grey Kollege Sekondêr wees vir hul jaarlikse Loopbaandag. 40 Uitstallers regoor Suid-Afrika is by vanjaar se Loopbaandag om jou te help met ‘n belangrike besluit. MAAK DUS DIE REGTE KEUSE en kom vind meer uit oor wat die toekoms vir jou moontlik inhou. Tersiêre uitstallers onder andere: - Noord-Wes Universiteit - Universiteit van die Vrystaat - TUKS - Akademia - Sol-Tech - Aros - Eduvos - CUT - Belguim Campus - Rhodes University - Qualitias Academy - Aleit Academy - Stadio Ander uitstallers: - Sable International - Eagle flight - UXI Sports - eritum Agri - Kukama Wildlife College - Olive Chef School - OVC Bloemfontein Ouers is meer as welkom om ook hierdie geleentheid by te woon. Sien jul by vanjaar se Grey Kollege Loopbaandag. Vir meer inligting, kontak vir Mandie Laubscher by marketing@gc.co.za of besoek Grey Kollege se Facebook-blad.

Venue: Grey Kollege  | Event date:  14 March 2025, 10:00  | Area:  Free State  | City:  Bloemfontein  | Address:  | Contact Number:  0637840641  | Contact Email:  marketing@gc.co.za
View All

News

Kenia treur ná dood van ikoniese olifant

Die Amboseli Nasionale Park in Kenia het Saterdag (3/1) bekend gemaak sy legendariese olifant, Craig (54), is dood. Hy was bekend vir sy reusetande en kalm en waardige persoonlikheid.  Read More


Minstens twee sterf in aardbewing in Mexiko

Minstens twee mense is Vrydag (2/1) in die sentrale en suidelike dele van Mexiko dood in ’n aardbewing met ’n sterkte van 6,5.  Read More


Switserland rou ná 40 sterf in brand by skioord

Switserse ondersoekbeamptes is besig om die slagoffers te identifiseer van ’n brand wat in ’n oorvol kroeg uitgebreek het en die lewens van 40 mense geëis het. Altesaam 115 mense is beseer.  Read More


Al hoe meer kunstenaars weier optrede in Trump-teater

Steeds meer kunstenaars kanselleer hul optredes in die Kennedy-sentrum nadat die instelling oornag herdoop is tot ‘The Donald J. Trump and The John F. Kennedy Memorial Center for the Performing Arts’....  Read More


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.