On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: Afrikaans 100 vlugskrifte

Afrikaans 100 vlugskrifte

Afrikaans kry vlerke by NALN met 100 Vlugskrifte! Op 8 Mei 2025 word die honderdste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike taal gevier. Die Klinkklaar Vokale en Instrumentale Ensemble deel in hierdie eeufeesvieringe met ՚n program wat saamgestel is uit toonsettings van grepe uit ՚n honderd Afrikaanse gedigte. In hierdie aanbieding, getiteld "100 Vlugskrifte", kry Afrikaans as’t ware vlerke aangesien elkeen van die honderd gediggrepe oor voëls, vlerke of vere handel. Joanita Erasmus-Alt het die toonsettings, waarin meer as veertig digters se gedigte gebruik is, gedoen. Afrikaans 100 Vlugskrifte: Klinkklaar Vokale & Instrumentale Ensemble: NALN op 13 Mei 2025 om 18:00. Toegang is gratis, maar vrywillige donasies ten bate van Klinkklaar sal verwelkom word. RSVP by annelien.naln@gmail.co.za Die geleentheid verskyn ook op: PROGRAM AFRIKAANS 100: https://afrikaans100.org/kalender/ *Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum is geleë op die h/v Charlotte Maxeke- en Pres. Brandstraat. Parkering is beskikbaar voor die Ou Goewermentsgebou, via die hoofhek vanuit Pres. Brandstraat, of op die teervlak langs die gebou, vanuit Miriam Makebastraat (voorheen Elizabethstraat). Volledige kennisgewings volg later oor: ·#ougoewermentsgebou150: Viering op Saterdag 31 Mei 2025 om 10:00 met Kobus du Preez as spreker en toerleier. Ook: Vrystaat Kunstefees Literatuurfees: NALN se Hulde aan helde-reeks: Peter Blum 100; Nico Luwes; Corlia Fourie.

Venue: NALN: Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum  | Event date:  13 May 2025, 18:00  | Area:  Free State  | City:  Bloemfontein  | Address: H/v Charlotte Maxeke en Pres. Brandstraat  | Contact Number:  076 741 0628  | Contact Email:  annelien.naln@gmail.com
View All

News

Onthul ‘privaat gesprek’ Poetin wil vir ewig leef?

Dit gons wêreldwyd oor ’n “privaat” gesprek tussen die Russiese en Chinese presidente oor orgaanoorplantings en onsterflikheid wat per abuis vasgevang is deur ’n “warm mikrofoon” tydens ’n militêre...  Read More


Tiener Sondag heilig verklaar 19 jaar ná sy dood

’n Brits-Italiaanse tiener (15) word Sondag 19 jaar ná sy kankerdood die eerste lid van die milleniër-generasie wat deur die Rooms-Katolieke Kerk heilig verklaar word.  Read More


‘Asemrowend vreemde’ dinosourus met meter lange stekels ontdek

Wetenskaplikes is verstom oor die geweldige pantser en uitsteeksels wat deel is van ’n buitengewone nuwe dinosourusfossiel wat naby die Marokkaanse dorp Boulemane ontdek is.  Read More


Weermaghoof plaas druk op Netanyahu oor gyselaarsooreenkoms

Israel se veiligheidskabinet hou Dinsdag (26/8) ’n belangrike vergadering oor die jongste voorgestelde gyselaarsooreenkoms met Hamas, wat bemiddel is deur Egipte en Katar.  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.