Vanjaar se herdenkingsfees vind plaas op die naweek van 10 - 12 Oktober en beloof om elke feesganger te verryk oor wat by Vegkop gebeur het in 1836. Hier het God die onmoontlike moontlik gemaak, die kinderlike geloof in SY almag ge-eer deur die slag van Vegkop in die guns van die Trekkers te laat geskied. Die oorwinning, soos by Bloedrivier, is alleen te danke aan God se Opperhand. Die feesganger gaan die gebeure van die slag intiem leer ken, terwyl ander aktiwiteite soos boeresport en volkspele ook elke kindwees weer sal laat opflikker. Kom kamp saam - Slegs R120/persoon vir die naweek, of kom stal u tuisnywerheid, pannekoek, swepe, ossewaens, ens, daar uit - Stalletjies is R200 vir die naweek. Vertellings deur Prof. Erik Holm en Mnr. Albertus Breytenbach sal die feesgangers weer laat dink aan ons Volk se stryd en strewe. Kampvuurkonsert, 'n tabloo en "toets jou kennis" kompetisies sal ons in die aande vermaak. Lekker saam sing langs die braaivleis vuur. Daar sal stalletjies wees vir verversings, en braaipakkies vir die wat wil braai - bespreek net vooruit. Kontak ons WhatsApp no : 0792586372 of stuur 'n e-pos na vegkopfees@gmail.com of volg ons Facebook blad.
Vegkop Fees
Venue: Vegkop Slagveld Terrein, Heilbron
| Event date: 10 October 2025, 08:00
| Area: Free State
| City: Heilbron
| Address:
| Contact Number: 0792586372
| Contact Email: vegkopfees@gmail.com
Advertisement
Advertisement