Kom geniet `n heerlike kuier saam met CVO Skool Dankbaar en kom sien hoe lyk ons skool. Na die opening gaan daar heerlike aktiwiteite wees vir die leerlinge soos storietyd, wetenskaplike eksperimente en meer! CVO Skool Dankbaar verskaf opleiding van Graad RR tot Graad 12. Alle leerlinge is welkom om ons te besoek. Ons is `n Afrikaanssprekende onafhanklike skool en volg Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO) se leerplanne en handboeke. In matriek skryf ons leerlinge die “Independent Examinations Board” (IEB) se eindeksamen . Ons is ’n Christelike skool en alle vakke word aan die hand van ’n Christelike lewens- en wêreldbeskouing aangebied.
Opedag - CVO Skool Dankbaar
Venue: CVO Skool Dankbaar, Skoolsaal
| Event date: 06 May 2026, 12:30
| Area: Free State
| City: Bloemfontein
| Address: R64, Ou Kimberley Pad, Bainsvlei, Sopeishoogte, Bloemfontein
| Contact Number: 051 451 1334
| Contact Email: bemarking@cvodankbaar.co.za
