On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: 4x4 Dag & Basaar

4x4 Dag & Basaar

Die Hervormde Kerk Ventersdorp bied vir die 3de jaar ‘n 4x4 Dag & Basaar aan op Saterdag 29 Augustus by die Trimpark op Ventersdorp vanaf 08:00 tot 15:00. Kom geniet 'n dag vol avontuur & plesier. 4x4-uitdagings en pret. Pryse te wen. Heerlike sosaties (soos net Ventersdorp dit kan maak!), boereworsrolle, jaffels, pannekoek, sampioen/worsie op ‘n stokkie en biltong. 'n Lafenissie vir die keel ook beskikbaar. Aktiwiteite vir kinders, stalletjies vir Mamma & Pappa. Toegangsfooi: Volwassenes & hoërskoolkinders R40, laerskoolkinders R10. Inskrywingsfooi vir die baan R300, “early birds” wat vooraf inskryf betaal net R250! Anders kan jy sommer net kom kyk hoe 4x4's die hindernisse baasraak of selfs hoe hulle geblinddoek ry! Moenie dié dag misloop nie! Vir meer inligting skakel: Christelle by 078 463 7434

Venue: Trimpark Ventersdorp  | Event date:  29 August 2026, 08:00  | Area:  North West  | City:  Ventersdorp  | Address: Trimpark, Ventersdorp, 2710  | Contact Number:  078 463 7434  | Contact Email:  truleen.p@gmail.com
View All

News

Vegetaries? Pasop vir toksiene in alternatiewe produkte vir vleis

’n Groot opname van plant-gebaseerde kosse en drankies wat in die Verenigde Koninkryk verkoop word, het ’n verrassende bevinding opgelewer wat mense twee keer sal laat dink voor hulle dit inneem.  Read More


Skikking oor veiliger sosiale media kan ook SA kinders bevoordeel

Meta, die maatskappy agter Facebook en Instagram, het vandeesweek ’n geskiedkundige skikking in die VSA bereik om kinders se veilige gebruik van sosiale media te versterk.  Read More


Meer as 800 vermis ná Nepal-vloedgolf

Nepal se toerismeraad bevestig kontak kon nog nie gemaak word nie met 644 toeriste ná verwoestende oorstromings in die Bhotekoshi-riviergebied op die grens met Tibet.  Read More


Wat jy eet voor 2 jaar oud kan jou gesondheid knou tot in 70’s

Die hoeveelheid suiker wat ’n kind voor sy tweede verjaardag inneem, kan sy gesondheid beïnvloed as hy ouer word, selfs tot in die sewentigs.  Read More


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.