On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: Oosfees NG Kerk Bethlehem

Oosfees NG Kerk Bethlehem

Die NG Kerk Oos-gemeente nooi almal hartlik uit na ons Oosfees op Saterdag 29 Augustus 2026 op die NG Kerk Oos-terrein. Kom geniet ’n heerlike dag vol pret, kuier, lekker kos en gesinsvermaak! Die fees skop om 08:30 af en duur tot 13:00. Daar is iets vir almal – van worsbroodjies, sosaties, skilpadjies, kerrie en rys, pannekoek, koeldrank en koffie, tot ’n koek- en poedingtafel, vleistafel, biltong en droëwors en nog vele meer. Die kinders kan uitsien na kindervermaak, ’n treintjierit en skyfskiet, terwyl groot en klein die dag saam kan geniet. Daar is ook ’n 4 km draf/stap, met registrasie vanaf 07:00 en die draf/stap wat om 08:00 begin. Kom kuier saam, bring die hele gesin en maak seker jy mis nie hierdie lekker gemeenskapsdag nie! NG Kerk Oos – Oosfees 2026: Kom kuier, eet, lag en vier saam!

Venue: NG Kerk Oos Terrein  | Event date:  29 August 2026, 08:30  | Area:  Free State  | City:  Bethlehem  | Address: Edelingstraat, Jordania  | Contact Number:  0716795212  | Contact Email:  skriba@ngkoos.co.za
View All

News

Vegetaries? Pasop vir toksiene in alternatiewe produkte vir vleis

’n Groot opname van plant-gebaseerde kosse en drankies wat in die Verenigde Koninkryk verkoop word, het ’n verrassende bevinding opgelewer wat mense twee keer sal laat dink voor hulle dit inneem.  Read More


Skikking oor veiliger sosiale media kan ook SA kinders bevoordeel

Meta, die maatskappy agter Facebook en Instagram, het vandeesweek ’n geskiedkundige skikking in die VSA bereik om kinders se veilige gebruik van sosiale media te versterk.  Read More


Meer as 800 vermis ná Nepal-vloedgolf

Nepal se toerismeraad bevestig kontak kon nog nie gemaak word nie met 644 toeriste ná verwoestende oorstromings in die Bhotekoshi-riviergebied op die grens met Tibet.  Read More


Wat jy eet voor 2 jaar oud kan jou gesondheid knou tot in 70’s

Die hoeveelheid suiker wat ’n kind voor sy tweede verjaardag inneem, kan sy gesondheid beïnvloed as hy ouer word, selfs tot in die sewentigs.  Read More


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.