On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: ROSEBOWL-KAMPIOENSKAPPE

ROSEBOWL-KAMPIOENSKAPPE

SCHOEMANSPARK SPEEDWAY BIED AAN: DIE JAARLIKSE ROSEBOWL-KAMPIOENSKAPPE! 13 & 14 November 2026 Dis weer daardie tyd van die jaar waar twee affiliasies bymekaarkom vir één groot stryd! Kom deel in twee dae se aksiebelaaide wedrenne, met agt klasse wat meeding om die gesogte kroon. Kom kyk wie stap vanjaar as kampioen weg! Daar sal genoeg wees om te eet en te drink, en jy is welkom om jou eie vleis saam te bring en self te braai. OEFENSESSIES – GRATIS TOEGANG! Die publiek is ook welkom om die oefensessies op 11 & 12 November 2026 gratis by te woon. TOEGANGSKOSTE: 13 & 14 NOVEMBER 2026 Volwassenes – R100 per dag Kinders onder 14 jaar – R50 per dag Pensionarisse – R50 per dag Voertuie – R30 Twee affiliasies. Agt klasse. Twee dae van aksie.

Venue: Schoemanspark Speedway  | Event date:  13 November 2026, 18:00  | Area:  Free State  | City:  Bloemfontein  | Address: N8 rigting lughawe langs Schoemanspark golf baan, Bloemfontein , N8  | Contact Number:  0723885611  | Contact Email:  jean.richter13@gmail.com
View All

News

Vlaag bomdreigemente tref skole in Italië

Verskeie Italiaanse skole is ontruim nadat byna 300 skole bomdreigemente ontvang het in ’n vlaag voorvalle wat Europa teister.  Read More


Trump-mediasteunpilaar erken haat teen hom kelder Republikeine

Die omvang van die openbare teenstand teen Donald Trump het ’n belangrike rol gespeel in die Republikeine se swaar nederlaag in die Amerikaanse middeltermynverkiesing.  Read More


Demokratiese golf spoel oor VSA in historiese verkiesing

Die Demokrate het in die Amerikaanse middeltermynverkiesing beheer oor albei huise van die Kongres verower danksy geskiedkundige oorwinnings in tradisionele Republikeinse vestings wat wyd vertolk word...  Read More


Organisasie eis ‘aftrede’ van sokkerspan se gelukbringer-arend

’n Diereregte-organisasie dring daarop aan dat ’n Britse sokkerspan sy gelukbringer, ’n lewende Amerikaanse arend, onmiddellik laat aftree.  Read More


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.