On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: Die Ankerskool Kersmark

Die Ankerskool Kersmark

Die Ankerskool Kersmark 2026 Kom soek daardie spesiale Kersgeskenk en bly vir die kuier! Op 27 en 28 November verander Die Ankerskool in Vanderbijlpark in ’n feestelike kuierplek vir die hele gesin. Snuffel tussen stalletjies vol handgemaakte ware en Kersgeskenke, kry iets lekkers by die kosstalletjies en kom kyk wie die kroon in die boereworskompetisie vat. Vir die kinders wag treinritjies, pretritte en vermaak. Die program sluit ook lewendige vermaak en bekende gaste in, onder wie Liz Meiring, Morné Steyn, Willie Esterhuizen, Manie Jackson, Deon Groot en Johnnie Takbok. Kersmarkprogram Bring die hele gesin, koop plaaslik en ondersteun Die Ankerskool se leerders. Waar · Die Ankerskool, Tennysonstraat, Vanderbijlpark Wanneer · Vrydag 27 Nov. 08:00–16:00 | Saterdag 28 Nov. 08:00–14:00 Toegang · R20 per persoon. Kinders onder 12 gaan gratis in. Stalletjiebesprekings en navrae · Eugene by 084 222 5618.

Venue: Die Ankerskool  | Event date:  27 November 2026, 08:00  | Area:  Gauteng  | City:  VANDERBIJLPARK  | Address: 2 Tennysonstreet, CW6  | Contact Number:  0766878591  | Contact Email:  gvanbemmel@dieankerskool.co.za
View All

News

Vlaag bomdreigemente tref skole in Italië

Verskeie Italiaanse skole is ontruim nadat byna 300 skole bomdreigemente ontvang het in ’n vlaag voorvalle wat Europa teister.  Read More


Trump-mediasteunpilaar erken haat teen hom kelder Republikeine

Die omvang van die openbare teenstand teen Donald Trump het ’n belangrike rol gespeel in die Republikeine se swaar nederlaag in die Amerikaanse middeltermynverkiesing.  Read More


Demokratiese golf spoel oor VSA in historiese verkiesing

Die Demokrate het in die Amerikaanse middeltermynverkiesing beheer oor albei huise van die Kongres verower danksy geskiedkundige oorwinnings in tradisionele Republikeinse vestings wat wyd vertolk word...  Read More


Organisasie eis ‘aftrede’ van sokkerspan se gelukbringer-arend

’n Diereregte-organisasie dring daarop aan dat ’n Britse sokkerspan sy gelukbringer, ’n lewende Amerikaanse arend, onmiddellik laat aftree.  Read More


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.