On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: Intog na Bethlehem in Heilbron! 'n Pretstap vir Jesus.

Intog na Bethlehem in Heilbron! 'n Pretstap vir Jesus.

INTOG NA BETHLEHEM – ’N FEES VAN GELOOF, LIEFDE EN Omgee Pitstop vir Jesus nooi oud en jonk hartlik uit na ons jaarlikse Intog na Bethlehem op Saterdag, 28 November 2026, by die Heilbron Suid Kerksaal. Die dag begin om 09:00 met ’n vrolike pretstap vir Jesus. Bring jou ster of jou kruis en kom stap saam ter viering van ons geloof. Dit is ’n dag vir die hele gesin, vol vreugde, gemeenskap en ’n boodskap van hoop. Ons besoek ook die plaaslike aftreeoord waar ons met liefde en klein geskenkies ’n bietjie Kersfeesvreugde aan ons bejaardes wil bring. Die feesvieringe sluit die aand af met ’n spesiale optrede deur die gospelkunstenaar Ilan van Staden, asook gelukkige trekkings en heerlike samesyn. Kom wees deel van ’n besondere dag waar ons saam Jesus se liefde uitdra en onthou waaroor Kersfees werklik gaan. Alles of Niks – vir Jesus! Datum: 28 November 2026 Tyd: Vanaf 09:00 Plek: Heilbron Suid Kerksaal Almal is welkom!

Venue: Heilbron Suid Kerksaal  | Event date:  28 November 2026, 09:00  | Area:  Free State  | City:  Heilbron  | Address: Breë straat 59, Heilbron, 9650  | Contact Number:  083 975 8264  | Contact Email:  Tanya.dupno@gmail.com
View All

News

Vlaag bomdreigemente tref skole in Italië

Verskeie Italiaanse skole is ontruim nadat byna 300 skole bomdreigemente ontvang het in ’n vlaag voorvalle wat Europa teister.  Read More


Trump-mediasteunpilaar erken haat teen hom kelder Republikeine

Die omvang van die openbare teenstand teen Donald Trump het ’n belangrike rol gespeel in die Republikeine se swaar nederlaag in die Amerikaanse middeltermynverkiesing.  Read More


Demokratiese golf spoel oor VSA in historiese verkiesing

Die Demokrate het in die Amerikaanse middeltermynverkiesing beheer oor albei huise van die Kongres verower danksy geskiedkundige oorwinnings in tradisionele Republikeinse vestings wat wyd vertolk word...  Read More


Organisasie eis ‘aftrede’ van sokkerspan se gelukbringer-arend

’n Diereregte-organisasie dring daarop aan dat ’n Britse sokkerspan sy gelukbringer, ’n lewende Amerikaanse arend, onmiddellik laat aftree.  Read More


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.