Afrikaanse musiek lewer ’n beduidende bydra tot die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en het die laaste aantal jare ’n oplewing ervaar met verskeie genres wat produseer word. OFM is trots op wat die Afrikaanse musiekbedryf tot dusver bereik het en ondersteun dit graag om nog verdere hoogtes te bereik.
Soos enige ander radiostasie ontvang OFM daagliks snitte vir oorweging en deel graag hierdie nuwe vrystellings met ons luisteraars.
Hierdie nuwe vrystellings word eerstens Vrydae, 13:00 – 14:00 Suid-Afrikaanse tyd, tydens ’n spesiale program op OFM se Afrikaanse aanlyn musiekstroom, OFM Stasie2 uitgesaai. Luisteraars kan ook op OFM op Sondae, 19:00 – 20:00, op hierdie lekker luister uur inskakel.
Die vrystellings wat vandeesmaand blootstelling geniet, sluit in:
- ARNO JORDAAN - TOT DIE AARDE ONS LAAT GAAN
- WINTER HOTEL - HEUNING
- VAN WEST - VUURWARM LIEFDE
- LIEZEL PIETERS - JOU WEER EERSTE SOEN
- APPEL, RIAAN BENADé, RICUS NEL & BOK VAN BLERK - YIPPIE-KI YAY
- ZAAN SONNEKUS - TE LAAT
- CHRIS STEYN - DAMMIT EK'S LIEF VIR JOU
- BARTO & BERNICE WEST - DANK DIE HERE VIR JOU
- RIAAN BENADé - LOF
- LISIE BASSON - VER VRY
- ARNOLD DE WET - BOER OP JOU LAND
“Nuut in Afrikaans” word moontlik gemaak deur OFM Stasie2 – luister 100% Afrikaanse musiek, 24-7, gratis, aanlyn.

