On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams
Nuut in Afrikaans

Afrikaanse musiek lewer ’n beduidende bydra tot die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en het die laaste aantal jare ’n oplewing ervaar met verskeie genres wat produseer word. OFM is trots op wat die Afrikaanse musiekbedryf tot dusver bereik het en ondersteun dit graag om nog verdere hoogtes te bereik.

Soos enige ander radiostasie ontvang OFM daagliks snitte vir oorweging en deel graag hierdie nuwe vrystellings met ons luisteraars.

Hierdie nuwe vrystellings word eerstens Vrydae, 13:00 – 14:00 Suid-Afrikaanse tyd, tydens ’n spesiale program op OFM se Afrikaanse aanlyn musiekstroom, OFM Stasie2 uitgesaai. Luisteraars kan ook op OFM op Sondae, 19:00 – 20:00, op hierdie lekker luister uur inskakel.

Die vrystellings wat vandeesmaand blootstelling geniet, sluit in:

  • CHRIS STEYN - EK KANNIE
  • RENIER WEST - TE LAAT
  • MIONETTE - NET 'N KANS
  • JO BLACK - EK SAL NIE BANG WEES NIE
  • LIEZEL PIETERS FT. JAN JAN JAN - EK BLY JOU TAAL
  • VAN DER AVEN - IS EK MAL
  • BRENDAN PEYPER - SARIE MARAIS
  • IVAN ROUX - ANDERS
  • JACOBUS - WAG DAT JY TERUGKEER
  • EDEN - KOM KLOP WEER
  • EMMI - LIEG VIR JOUSELF
  • LEN MULLER & TAYE - ALLES VAN MY

“Nuut in Afrikaans” word moontlik gemaak deur OFM Stasie2 – luister 100% Afrikaanse musiek, 24-7, gratis, aanlyn.


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.