OFM is weer eens trots om deel te wees van Graan SA se NAMPO Oesdag, die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond.
Dié landmerkgeleentheid op die Sentraal-Suid-Afrikaanse kalender word van 16 tot 20 Mei 2022 buite Bothaville in die Vrystaat aangebied ná ’n twee jaar lange onderbreking weens Covid-19-regulasies. Dit sal ook die eerste keer wees dat dié vertoonvenster oor vyf dae aangebied word.
OFM is nie net die amptelike mediavennoot van die geleentheid nie, maar beplan ook 'n verskeidenheid aktiwiteite tydens Graan SA se NAMPO Oesdag 2022.
Bly ingeskakel om op hoogte te bly van die jongste vanaf die ekspo.
OFM bied ook met trots aan, ‘n spesiale landbou-uur, 16 – 20 Mei 2002, 11:00 – 12:00, geborg deur Senwes. Skakel in vir insiggewende praatjies oor brandpunte in landbou.
some text