OFM is weer eens trots om deel te wees van Graan SA se NAMPO Oesdag, die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond.
Dié landmerkgeleentheid op die Sentraal Suid-Afrikaanse kalender word 14 - 17 Mei 2024 buite Bothaville in die Vrystaat aangebied.
OFM is nie net die amptelike mediavennoot van die geleentheid nie, maar beplan ook 'n verskeidenheid aktiwiteite tydens Graan SA se NAMPO Oesdag 2024.
Bly ingeskakel om op hoogte te bly van die jongste vanaf die ekspo.
OFM bied ook
met trots ‘n spesiale landbou-uur aan, 14 - 17 Mei 2024, vanaf 11:00 tot 12:00,
geborg deur Senwes. Skakel in vir
insiggewende praatjies oor brandpunte in die landbou.