On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Rugby

Vrystaat maak Cravenweek-proefspanne bekend

───   11:41 Mon, 28 Apr 2008

Vrystaat maak Cravenweek-proefspanne bekend | News Article

Hendrik Cronjé

Bloemfontein. - Deon van Wyk (afrigter) en sy ses mede-keurders beplan om die Vrystaatse Cravenweek-rugbyspan vir hoërskole reeds op 20 Mei bekend te maak.

Van Wyk-hulle het vandag proefspanne vir 6 Mei se wedstryde op die velde van Jim Fouché in die Rosestad bekend gemaak. Van Wyk sê die volgende proewe word vir 20 Mei beplan. "Ons wil die finale span op die 20ste of 21ste Mei probeer aankondig, aangesien ons kort daarna in losmakers teen Griekwas en die Griffons speel," sê Van Wyk.

Die Vrystaatse Cravenweek-breier sê hy is veral opgewonde oor die gekleurde spelers wat op 6 Mei in aksie sal wees. "Al die gekleurde spelers sal die span vanjaar op meriete haal. Ons het puik talent."

Die spanne is:

Jimmy Jimlongwe: T-Man Mojanaga (Louis Botha); Ernst Dinkelman (Grey), Pedri van Wyk (Sentraal), Spoed Smith (Grey), Jamba Ulenga (Jim Fouché); AJ Coertzen (Grey), Pieter Rademan (Grey); Phillip Piek (Grey), Egbert Ras (Grey), Anton Earle (Grey), Milo Moholo (Louis Botha), Graeme Bruining (Grey), Dirk Odendaal (Grey), Martin van der Heever (Jim Fouché) en John-Henry Harris (Grey).

Paul Spies: Leratho Mohata (St Andrews); Brian Mokoane (Sentraal), Riaan Duvenhage (Jim Fouché), Johnny Barnard (Brandfort), Wian de Jager (Grey); Adrian Cupido (Louis Botha), Cobus Reinach (Grey); Adriaan Theissinger (Grey), Litha Ntukela (St Andrews), Gustav Carshagen (Grey), Carl Wegner (Grey), Oupa Mahoje (Louis Botha), Stefan Kotze (Grey), JD Conradie (Grey), Thabo Machitja (Louis Botha).

Pieter Swanepoel: Sebastiaan Coetzee (Sand du Plessis); Rehan Delport (Jim Fouché), Piet Lindeque (Grey), Zuluboy Duma (Louis Botha), Nkululeko Mthethwe (Louis Botha); Tokkie Holtzhausen (Jim Fouché), DJ Vermaak (Sentraal); Henry de Wet (President Steyn), Derek Linde (Grey), Loyisa Tshaka (Louis Botha), Werner Pretorius (Sentraal), Fanie van der Walt (Grey), Julies Gojana (Louis Botha), Johan Swanepoel (Grey), Mark Mulder (Sentraal).

Schalk Malherbe: Riaan Britz (Grey); Thuso Mokgwetsi (Louis Botha), Mveleli Nduka (Louis Botha), Francois Venter (Grey), Frans Sisita (Sand du Plessis); Franna du Toit (Grey), Ulrich Carshagen (Grey); Heinrich Viljoen (Brandfort), Oscar Lemane (Louis Botha), Bennie Pretorius (Jim Fouché), Jean Cook (Grey), Johan Oberholzer (Jim Fouché), Stefan Pretorius (Grey), Baksteen van Heerden (Grey), Schalk van der Merwe (Grey).

Ander: Petri Coetzee, Roelof Botha, Bernard Heroldt (almal Jim Fouché), Phillip Fouché, Freddie Douglas, Barend Landman, C. Malane, FW Ras, T. Mkopane (almal Grey), Bjorn Nel, Francois Harvey (albei Sentraal), Leander Geldenhuys (Fichardtpark), Pietman van der Linde (Sand du Plessis), Jaco Oosthuizen, Jorge Andrade (albei Brandfort) en Nataniel Neels (Heatherdale).

* Deon van Wyk (afrigter) is môremiddag om 17:30 in Sports Cage, OFM Sport se gas. Die Cravenweek-breier sal dan nog baie meer inligting bekend maak.

 

 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.