Rugby
Toyota Cheetahs nie goed genoeg teen Goue Leeus─── 19:16 Mon, 13 Aug 2012
Xander Snyders
Die Goue Leeus het goed afgeskop in die 2012 Curriebeker Seisoen en het die Cheetahs 43-20 met ‘n bonuspunt geklop op Coca Cola Park in Johannesburg nadat die Leeus lemoentyd reeds 23-6 voorgeloop het met ‘n punte verskil van 17 punte.
Die Cheetahs het balbesit oorheers en in ‘n mate gedomineer met goeie aanvallende spêl maar kon net nie die balbesit omskakel in punte nie. Met hope hanterings foute, swak opsies en verdediging het die Cheetahs die wedstryd vir hulself moeilik gemaak. Riaan Smit kon slegs twee starfskoppe deur die pale jaag vir vir die Cheetahs in die eerste helfe. Derick Minnie, vurige flank van die Leeus , het vroeg in die wedstryd ‘n hoë bal voor Riaan Smit weggeraap en twintig meter verder afgter die doellyn gaan kuier, hierna moes die Cheetahs opvang rugby speel. Andries Coetzee het die Leeus se tweede drie gaan druk en Butch James het met sy skopskoen veseker dat die telbord aan die gang bly om lemoentyd 23-6 voor te loop.
Die Cheetahs het in die tweede helfte met mening begin en dit was nie lank nie en hulle het die agterstand laat krimp na 20-26 nadat Raymond Rhule Curriebeker debutant twee indrukwekkende drieë gaan druk het. Die Goue Leeus het beheer oorgeneem nadat Andries Strauss afgestuur is met ‘n geelkaart vir ‘n boorvat, in die tyd wat hy af was het die Leeus tien punte aangeteken wat beslis die keerpunt van die wedstryd was.Die Leeus het twee drieë gedruk in die tweede helfte, Butch James het met ‘n foutlose skopskoen 21 punte aangeteken vir die Leeus.Die leeus het hul geleenthede gebruik , met mening verdedig en die agtal was fisiek en kompeterend met Derick Minnie aan die voorpunt.
Die hoogte punt vir die Cheetahs was beslis die jonge Curriebeker debutant Raymond Rhule en ook die in vorm Sarel Pretorius. Die Cheetahs gaan beslis met die volgende wedstryd , teen die jong Bulle span, meer kompeterend voorlangs moet wees en hul verdediging moet opskerp.
Punte:
Toyota Cheetahs: Driee: Raymond Rhule (2) Doelskoppe: Riaan Smit (2) Strafskoppe:Riaan Smit(2)
Goue Leeus : Driee: Derick Minnie(1) Andries Coetzee(1) Hendrik Roodt (1)Ruan Combrinck(1) Doelskoppe: Butch James (3) Strafskoppe: Butch James (5)
