Agriculture
SA wynbedryf vorder in China─── 13:08 Mon, 05 Nov 2012
Pieter Möller
Suid-Afrika is tans die agtste grootste wynproduserende land in die wêreld, en hoewel China in die vyfde plek is, vorder die uitvoer van Suid-Afrikaanse wyn na die land baie goed. So sê die bekende wynmaker- en kenner, asook Perfect Wines SA se voorsitter, Hein Koegelenberg.
Hy het aan OFM Nuus gesê die wynbedryf groei baie vinnig in China en hoewel daar tans meer wyn uit Frankryk en Australië na China uitgevoer word, is daar goeie tekens vir die Suid-Afrikaanse wynprodusent.
Koegelenberg sê China se groot en groeiende bevolking, maak dit 'n ideale land om Suid-Afrikaanse wyn te bemark.

Hein Koegelenberg.: