On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night OFM
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

National

Tweede man vir Bredasdorp moord, verkragting aangekeer

───   10:51 Thu, 07 Feb 2013

Bredasdorp - 'n Tweede man is in hegtenis geneem in verband met die verkragting en verminking van die Bredasdorpse tiener Anene Booysen, het die polisie in die Wes-Kaap Donderdag gesê.

"'n 21-jarige man is gisteraand [Woensdag] in Bredasdorp in hegtenis geneem," het kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, gesê.

Die man verskyn binnekort in die hof op aanklagte van moord en verkragting.

Anene Booysen is verkrag, aangerand en vir dood gelaat, maar sy het die naam van een van haar beweerde aanvallers genoem voor sy in die hospitaal gesterf het. Die man, Jonathan Davids (22), haar ekskêrel, is Saterdag in hegtenis geneem. Hy het Dinsdag in die Bredasdorp-landdroshof op aanklagte van verkragting en moord verskyn. Die saak teen hom is tot Dinsdag uitgestel.

'n Dokter wat kennis dra van die noodoperasie wat Saterdagaand op haar uitgevoer is, het gesê dat die aanval op Booysen uiters gewelddadig was.

“Sy het ’n groot deel van haar ingewande verloor. Dis ook hoekom sy nie oorleef het nie,” het die dokter aan Die Burger gesê.

Anene is Saterdag met ernstige beserings na 'n plaaslike hospitaal geneem nadat sekuriteitswagte by 'n bouterrein op haar afgekom het. Sy is later na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas, waar sy Saterdagaand gesterf het.

Pauline Harmse, 'n inwoner van Bredasdorp, het aan die Cape Times gesê Anene het saam met haar broer en skoonsuster gewoon. Die paartjie het haar ingeneem toe haar ma sowat 10 jaar gelede dood is.

Harmse het gesê die tiener het Vrydag saam met vriende uitgegaan.

Sapa

More from National

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.