Agriculture
Hier kom 'n trekkerfees!─── 12:05 Mon, 29 Jul 2013

Dirk Kok - Hier kom (weer) ’n fees van ou trekkers, werktuie, ander oudhede.
Toe die Sentraal-Vrystaat-veteraneklub (SAVTEK) verlede jaar hul eerste sentraal Vrystaatse veteraantrekker-en-oudhedefees by Jannie Ferreira, Bloemfonteinse versamelaar, se Ferreira-museum gehou het, is alle verwagtinge oortref.
Altesaam 2 000 mense het vir dié dag op Ferreria se kleinhoewe en museum by Quaggafontein opgedaag.
Op 21 September maak hulle weer so, sê Jannie.
Die hekke maak om 08:00 oop.
“Dit gaan weer ’n baie lekker dag wees, net soos laasjaar” sê Jannie.
“Daar gaan iets van alles te sien wees: ou trekkers, werktuie, ou meubels, ‘n ossewa, perdekarre, ou kombuisgereedskap en baie ander gereedskap, eintlik alles uit die 40’s wat ons oupas en oumas op die plaas gehad het.”
Lede van die SAVTEK bring hul trekkers en masjiene en lede van veteraanklubs in die res van die Vrystaat kom ook met hul versamelstukke.
“Mense sal goed kan sien wat hulle nie aldag sien nie. Hulle sal kan sien hoe werk ’n hoefsmid. Uit Natal kom ’n tenk-enjin of radial engine. Dit is een van daardie ronde enjins soos wat die vliegtuie in die Tweede Wêreldoorlog gehad het, waarvan die pistons in die rondte loop. Ons gaan ook ‘’n donkie-waterpomp hê waar ’n donkie water uit ’n put pomp.
“Die trekkers ry en ploeg en die ouens speel lekker saam vir die dag. Daar’s g’n strawwe kompetisie nie, net lekker pret, met pryse vir goed soos die mooiste trekker, die oudste trekker en die ou wat die lekkerste gespeel het.”
Jannie sê vir die publiek gaan dit ’n skouspel wees, maar daar is ook baie ander goed om te doen.
Daar is stalletjies met ’n boerderytema, kosstalletjies, ’n biertent en ’n grootskerm-TV vir die rugby en boeresport.
“Daar is iets vir die hele gesin.”
Twee boere-orkeste gaan musiek maak.
“Hierdie is nie ’n stywe fees nie. Ons gaan kuier tot die son sak en ons lekker moeg is. Mense kan kom geniet.”
(Om by Ferreira se hoewe en museum in Speserylaan 16 te kom, ry met Haldonweg uit tot by die Makro-kruising. Draai links in Kwaggastraat en ry tot bo by die treinspoor. Draai dan regs en daarna weer links by die spoorwegkruising. Hou reguit aan. Die hoewe is op regterkant.)

Die agtjarige Anlia Dedekind (links) en haar sussie Dianey (6) het op die Vryfees in Bloemfontein 'n voorsmakie gekry van die Sentraal-Vrystaatse veteraantrekker-en-oudhedefees wat in September by die Ferreira-museum buite die stad gehou gaan word. By hulle is Jannie Ferreria, eienaar van die museum. Die trekker is 'n Massey Harris Pony (1938). Foto: Dirk Kok
Jannie Ferreira, eienaar van die Ferreira-museum buite Bloemfontein, is ’n man wat van ou goed hou.
Hy versamel reeds jare antieke meubels “en enige ding wat oud is”.
Sewe jaar gelede het die antieke trekker-gogga hom behoorlik gebyt.
Sy eerste ou trekker het hy op ’n kleinhoewe buite die stad gekoop: ’n Fordson-ysterwiel van 1923.
Jannie, ’n voormalige werktuigkundige en onderwyser wat deesdae as kontrakteur onderhoud- en instandhoudingswerk op die Kovsie-kampus doen, het dié Fordson gerestoureer en daarna sy tweede versamelstuk gesoek.
Sy tweede trekker was ’n ou, rooi Farmall. Hy was net betyds. Die eienaar van ’n skrootwerf in die stad was op die punt om die Farmall met ’n blaasvlam in skrootyster op te sny. Toe red Jannie die trekker.
Sedertdien het sy trekkerversameling met nog agt gegroei.
Hy is die ondervoorsitter van die Sentraal-Vrystaat-veteraneklub (SAVTEK).

Jannie hou van ou goed