On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nikki
Listen Live Streams

Agriculture

Sitrusbedryf begin seisoen met groot verwagtinge, maar tariewe dreig

───   05:00 Mon, 05 May 2025

Sitrusbedryf begin seisoen met groot verwagtinge, maar tariewe dreig | News Article
Foto: Sitruskwekersvereniging/Facebook

Logistieke knelpunte by hawens, tarief- en marktoegangskwessies, en streng fitosanitêre vereistes in die EU bly struikelblokke. Tog bly die sitrusbedryf “versigtigheid optimisties” oor die vooruitsigte vir 2025.

Die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf het die 2025-uitvoerseisoen amptelik begin met hoë verwagtinge en ’n voorspelling van 171,1 miljoen 15 kg-kartonne se vrugte vir uitvoer – ’n styging van 6,6 miljoen kartonne teenoor verlede jaar.

Volgens Boitshoko Ntshabele, uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging (SKV), toon die vroeë seisoen reeds positiewe tekens, veral vir suurlemoene en pomelo’s. “Suurlemoene is in aanvraag en pryse lyk goed. Ons het ook al 55% meer pomelo’s uitgevoer as dieselfde tyd verlede jaar.”

Daar bly egter beduidende bekommernisse. Die moontlikheid van ’n 30%-invoertarief deur die VSA, wat oor sowat tien weke in werking kan tree, hou ernstige risiko’s vir produsente in die Noord- en Wes-Kaap in. “Al vorm die VSA slegs 4% tot 6% van Suid-Afrika se sitrusuitvoer, is dit ’n noodsaaklike mark vir dorpe soos Citrusdal.” Hy doen ’n beroep op die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse regerings om dringend ’n tariefvrye handelsooreenkoms vir seisoenale varsprodukte te sluit.

Die jongste ramings vir laatmandaryne toon sterk groei:

  • Leanri: 2,1 miljoen kartonne (effens af van 2024)
  • Orri: 2,1 miljoen kartonne (gelyk aan 2024)
  • Nadorcott/Tango: 25,7 miljoen kartonne (sterk toename van jong boorde)
  • Ander laatmandaryne: 3,2 miljoen kartonne (vergeleke met 2,7 miljoen in 2024)

Die SKV het reeds in Maart die voorlopige seisoenramings vir ander kultivars bekend gemaak:

  • Suurlemoene: 32,9 miljoen kartonne (5% afname)
  • Navel-lemoene: 26,1 miljoen kartonne (5% toename)
  • Valensia-lemoene: 52 miljoen kartonne (6% toename)
  • Pomelo’s: 13,5 miljoen 17 kg-kartonne (6% toename)
  • Satsumas: 1,8 miljoen kartonne (geen verandering)
  • Nova-mandaryne: 4,5 miljoen kartonne (2% toename)
  • Klementiene: 5,4 miljoen kartonne (10% toename)

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.