On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nikki
Listen Live Streams

Agriculture

Kom kuier vir NUTRI Feeds by NAMPO 2025

───   06:00 Mon, 05 May 2025

Kom kuier vir NUTRI Feeds by NAMPO 2025 | News Article
Die NUTRI Feeds-span tydens NAMPO 2024. Foto: NUTRI Feeds/Facebook.

Met Graan SA se gewilde NAMPO Oesdag 2025 om die draai, staan NUTRI Feeds gereed om produsente van raad te bedien tydens die grootste landbouskou in die suidelike halfrond.

Volgens Santa Ferreira, nasionale bemarkingsbestuurder by NUTRI Feeds, is teenwoordigheid by NAMPO nie net belangrik nie – dit is onontbeerlik. “Diere speel ’n sleutelrol by NAMPO, veral met die vee- en graanbedrywe wat so sterk gekoppel is. As een van die grootste veevoerprodusente in die land, is dit vir ons noodsaaklik om sigbaar en beskikbaar te wees vir produsente.”

NUTRI Feeds beplan om daagliks hul voedingskundiges by hul stalletjie aan diens te hê. Boere kan dus vrae vra, advies kry en gesels oor oplossings rondom wisselvallige voerpryse, die rand, en invoerkoste. “Ons moedig alle produsente aan – van herkouers tot monogastriese boere – om by ons te kom inloer. Ons het elke dag die regte kundiges op die vloer.”

Die maatskappy put groot waarde uit hul teenwoordigheid by NAMPO: “Dis nie net ’n kans om produkte uit te stal nie, maar ’n gulde geleentheid om te netwerk, nuwe boere te ontmoet en opkomende produsente te ondersteun.”

Nutrifeeds is ook die trotse naamborg van die Nutri-Feeds-saal, wat hulle groot sigbaarheid op die terrein gee. Vir besoekers wat nie hul pad na die stalletjie kan kry nie, is dit eenvoudig: Laai die gratis NAMPO-app af, tik “NUTRI Feeds” in, en kry stap-vir-stap aanwysings.

“Ons sien vreeslik uit na die geleentheid om weer hande te vat met boere en bedryfslede. NAMPO bly ‘n hoeksteen van ons bemarkingstrategie.”

OFM Agri cg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.