On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Local News

Drie verskyn weens Trompsburg-aanval

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:06 Thu, 26 Jun 2014

Drie verskyn weens Trompsburg-aanval | News Article
Christal-Lize Muller
 
Trompsburg - Drie mans sal na verwagting vandag in die hof verskyn in verband met die onlangse aanval op 'n egpaar van Trompsburg in die Vrystaat.
 
Nydia de Jager (64) en haar man, Gerhard (62), is vroeër vandeesmaand in hul huis op die dorp aangeval en beroof.
 
Nydia het brandwonde aan haar rug, arms en bene opgedoen nadat die verdagtes na beweering kookwater oor haar gegooi het. Gerhard, wat verlam is nadat hy 14 jaar gelede 'n beroerte gehad het, is nie ernstig beseer nie.
 
Een verdagte het homself kort na die voorval aan die polisie oorgegee. Die ander twee verdagtes is later vasgekeer. 'n Vierde verdagte is steeds soek.
 
Die drie mans verskyn op aanklagte van huisroof en aanranding.
 
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.