On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Vermoorde Theunissen-vrou se seun het geen haat

───   CHRISTAL-LIZE CHRISTAL-LIZE 14:13 Fri, 16 Jan 2015

Theunissen - Wyle Martie Bester van Theunissen se seun van Bloemfontein sê hy haat nie sy ma se moordenaars nie.

Kobus, Bester se enigste kind, sê hy is baie hartseer dat sy ma, ‘n liefdevolle mens wat baie van diere gehou het, wreed vermoor is en hoop geregtigheid sal geskied. Hy sê dit is goeie nuus dat die verdagtes in hegtenis geneem is.

Kobus sê die verdagtes moes sy ma onkant betrap het, omdat die huis waarin sy gebly het op die plaas Erfbloem buite die dorp baie veilig was.
Martie se lyk is Maandag in die huis gevind. Dele van haar lyf was verbrand nadat haar twee aanvallers vermoedelik die huis aan die brand gesteek het.
 
Haar bakkie, wat elders op die plaas gevind is, is ook aan die brand gesteek.
 
Molelekoa Mothibeli en Lekgotla Matatiele is vandeesweek in verband met haar moord gearresteer. Hulle verskyn weer op 28 Januarie in die plaaslike streekhof op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en brandstigting.
 
Martie se begrafnisdiens vind eerskomende Dinsdag omstreeks 10:00 uit die Theunnisen NG Moedergemeente plaas.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Kobus Bester:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.