On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Karlien van Jaarsveld verloor baba

───   07:50 Sat, 17 Jan 2015

Johannesburg - Die sanger Karlien van Jaarsveld, wat 19 weke swanger was met 'n babadogtertjie, het die baba verloor.

“15 Januarie 2015 sal my vir altyd bybly. Dis die dag wat ek ons dogtertjie verloor het op 19 weke,” het Van Jaarsveld op Facebook geskryf. Volgens Van Jaarsveld is sy drie dae terug in die hospitaal opgeneem nadat sy begin bloei het.
“Ek is 'n dag later ontslaan, maar die middag by die huis kon ek voel ek kry kontraksies. Ek het by die huis geslaap en 06:00 wakker geword met baie bloeding, ek het my man geroep en gevra of hy my hospitaal toe sal vat.”
 
Volgens Van Jaarsveld is sy Woensdagoggend onmiddellik opgeneem en is sy medikasie gegee om die kontraksies onder beheer te bring. Na 'n ruk was die kontraksies onder beheer. My ma en pa het kom kuier en ons het almal weer rustiger geraak en lekker gesels en saam gebid. Toe sê ek vir Derick om die suster te roep ek dink my water het gebreek. Hy het my baie deurmekaar aangekyk maar haar gaan roep. Dit was toe so en al wat sy sê is hoe jammer sy is. Dit voel soos 'n fliek. Ons is almal in trane. Die dr kom sien my en verduidelik ons als.”
 
Van Jaarsveld sê het sy infeksie in haar baarmoeder opgedoen en het dokters gesê sy kan haar uterus verloor of selfs doodgaan. “Ek het al my vrugwater verloor en ek was 10 cm ontsluit, maar ons het bly bid, bly glo dat Evah sal lewe. Ek vra toe dat hulle nog bloedtoetse doen enige iets dat ons alle uitwegte moontlik probeer om haar lewe te red. Ons het so gebid dat my bekkenbene weer toegemaak het tot op 1cm, die dr sê sy het nog nooit so iets gesien het dis haar eerste keer.
 
“Ons almal was so vas oortuig dat God haar lewe sal red. Maar my infeksietelling het net opgegaan, waar hy vyf moes wees is hy 137. My dr het begin bekommerd raak dat ek my lewe in gevaar stel. Ons het nog 'n sonar gedoen maar geen vrugwater was oor nie. Die babatjie het kleiner geword in die 2 dae omdat sy niks vrugwater het om in te beweeg nie,” het Van Jaarsveld gesê.
 
Van Jaarsveld het gesê hulle harte is gebreek. “So weet ek ook nou verseker dat kinders net aan ons geleen is. Evah was baie klein maar perfek gevorm. Ons sal jou vir altyd lief hê pop, en jou altyd eer dat jy God kies bo alles. Gister was die slegste dag van my lewe, maar Vader dankie dat ek haar 19 weke kon dra, dit was 'n voorreg. U naam alle eer.”
 
Van Jaarsveld en haar man, Derick Hougaard, het vroeër die maand aangekondig hulle verwag 'n dogtertjie. Van Jaarsveld en Hougaard se tweelingseuntjies het in Desember hul eerste verjaarsdag gevier.
Maroela Media

More from National

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.