On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Droogte dreig in Wes-Kalahari, Boesmanland

───   16:32 Mon, 19 Jan 2015

Bloemfontein - Terwyl die weersomstandighede en vooruitsigte vir saaiboere in die grootste deel van die somerreëngebied gunstig lyk, vrees veeboere in dele van die Noord-Kaap weer 'n droogte.

Agri-Noord-Kaap se hoofbestuurder, Henning Myburgh, sê in die Wes-Kalahari, waar baie min reën nog hierdie somer geval het, en in dele van die Boesmanland is weiveld aan die verdor en diere aan die verswak.
Myburgh sê al wat veeboere in hierdie gebiede van nog 'n rampdroogte kan red, is goeie reën.
 
Dele van die Noord-Kaap is voorverlede jaar tot rampdroogtebiede verklaar en van dié provinsie se boere gaan steeds gebuk onder die gevolge van 2013 se droogte.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 
 
 

Podcasts

Henning Myburgh:

More from News

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.