On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast James
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Nuwe laerskoolhoof vir Grey-kollege

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:47 Mon, 16 Feb 2015

Nuwe laerskoolhoof vir Grey-kollege | News Article

Bloemfontein - ‘n Nuwe stuurman is vandag uiteindelik by Grey-kollege Primêr in Bloemfontein aangestel.

Die huidige hoof van die Laerskool George-Suid in George, Jurie Geldenhuys, sê hy was oorweldig met die goeie nuus. Volgens hom is dit ‘n groot voorreg om deel te word van die Bloemfonteinse laerskool met sy unieke tradisies, trots en kultuur.
 
Geldenhuys, wat ‘n graad in menslike bewegingskunde en ‘n honneursgraad in sportwetenskap aan die Universiteit van Pretoria verwerf het, neem die leisels oor by Lindsay Mould wat verlede jaar na 23 jaar afgetree het. Geldenhuys het ook ‘n meestersgraad in sportsielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi en sy hoër onderwysdiploma aan Unisa verwerf.
 
Hy was aanvanklik ‘n onderwyser in natuurwetenskap aan die Afrikaanse Hoër Seunskool en die Hoërskool Waterkloof in Pretoria. Daarna was hy onderskeidelik hoof van die Laerskool Rustenburg en Kroonheuwel-Primêre Skool in Kroonstad.
 
Hy val op 1 April in.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Luister potgooi:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.