National
Kenners bespreek Afrika se waterbestuur in Pretoria─── REFILWE REFILWE 09:15 Thu, 21 May 2015
Pretoria - Ten spyte van wetenskaplike bewyse dat Afrika se watervoorraad by die dag skaarser raak, vind die vermorsing van water deur munisipaliteite en nywerhede regoor die Afrika-kontinent steeds op grootskaal plaas.
Dít volgens Thomas Chauke van Envision International, wat tans 'n spitsberaad oor waterbestuur, energie en voedselsekuriteit in Pretoria aanbied.
Chauke sê die spitsberaad beoog om bewustheid oor die verhouding tussen water en voedselproduksie te verhoog en ook meer volhoubare voedsel- en produksiepatrone te bevorder. Hy sê Afrika het 'n waterstrategie nodig.
Belanghebbendes in water- en voedselsekuriteit van regoor Afrika suid van die Sahara, en selfs verder woon die spitsberaad by. Die beraad loop môre ten einde.
Sabrina Dean/OFM Nuus
