On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: 'Polisie se moordstatistieke 'n goeie aanduiding'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:10 Mon, 03 Aug 2020

Landbounuus-podcast: 'Polisie se moordstatistieke 'n goeie aanduiding' | News Article

Die polisie se moordstatistieke op plase en kleinhoewes is 'n goeie aanduiding van die werklike situasie rondom dié voorvalle in Suid-Afrika.


Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir landelike veiligheid, sê  daar word nou geskakel met die polisie in dié verband. Hy sê hooggeplaastes in die polisie het ook verlede week sy versekering aan Agri SA gegee dat daar weer dubbel seker gemaak gaan word van dié statistieke. Altesaam 62 moorde het in die 2017/18-boekjaar op plase en kleinhoewes voorgekom, terwyl 47 aanvalle in die 2018/19-boekjaar voorgekom het. Dit is 'n afname, maar in die 2019/20-boekjaar was daar 'n 4,3% toename in dié voorvalle gewees. Esterhuyse sê Agri SA verwelkom ook die polisie se instelling van die reservistestelsel. Daar is in die afgelope dekade min vordering gemaak op dié gebied, maar hy is hoopvol dat dié stelsel nou in plek gestel gaan word. Veral nadat Agri SA en Moeketsi Sempe, afdelingskommissaris vir sigbare polisiëring, verlede week vergader het. 

Intussen sê maj. Chris van Zyl, adjunk-hoofbestuurder van TLU SA, dié organisasie se statistieke oor moorde op plase en kleinhoewes stem min of meer ooreen met die polisie se 49 voorvalle wat in die 2019/20-boekjaar voorgekom het. Hy sê volgens TLU SA se syfer is 54 van dié moorde die ooreenstemmende tydperk gepleeg. Daarmee saam stem TLU SA se statistieke ten opsigte van aanvalle op plase geensins ooreen met die statistieke wat verledeweek deur die minister van polisie, Bheki Cele, bekendgemaak is nie. TLU SA se statistieke toon daar was tussen 1 Maart 2019 en 28 Februarie 2020, altesaam 410 aanvalle gewees. Dít teenoor die polisie se syfer van slegs 46 aanvalle wat tussen 1 April 2019 en 31 Maart 2020 gepleeg is. Van Zyl sê dié landbou-organisasie is egter meer bekommerd oor die nuwe tendense wat tydens dié aanvalle voorkom. Ontvoering raak meer deel daarvan sowel as die getal aanvallers wat per aanval toeneem. 

EN

Die Landbousakekamer, Agbiz, meen die toename in Covid-19-infeksies in Suid-Afrika gaan moontlik nie 'n reuse-impak op die komende plantseisoen van somergraangewasse hê nie. Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom van Agbiz, sê boere en landboubesighede het sover ten opsigte van somergewasse, oliesade en tuinbou minimale onderbrekings weens dié pandemie gehad. Hulle moes egter hul werksprosesse aanpas om aan gesondheidsregulasies te voldoen. Hy sê met die produksieproses van somergraangewasse wat vir dié seisoen einde se kant toe staan, sal die fokus oor 'n maand na aanplantings van dié gewasse verskuif. Volgens hom is 'n groot deel van die kommersiële landboubedryf egter hoogs gemeganiseerd, wat daarop neerkom dat aanplantings met minder mense kan geskied. 

OFM-nuus

 

 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.