Agriculture
Senwes Grainlink dryf bemarkingsinnovasie en volhoubaarheid─── 11:00 Thu, 15 May 2025
Sponsored11:00 Thu, 15 May 2025
’n Kombinasie van tegnologie, tydige markinligting en ’n fokus op volhoubaarheid stel Senwes Grainlink in staat om produsente strategies te ondersteun.
Heinrich Henning, operasionele bestuurder van Senwes Grainlink, sê internasionale innovasies en data-gedrewe dienste wprd gebruik om plaaslike graanprodusente se bemarkingsvermoë en winsgewendheid te verbeter. Tegnologie en tydige inligting is van kardinale belang om in ’n veranderende landbou-omgewing te oorleef en te floreer.
“Ons is besig om nuwe graandroërs te installeer, waarvan die eerste tans by Bloemhof in werking gestel word. Hierdie droërs maak dit vir boere moontlik om graan met hoër voginhoud vroeër by die silo te lewer, sodat hulle vinniger toegang tot die mark kan kry en beter prysgeleenthede, soos dié op Safex, kan benut.”
Henning sê verder Senwes fokus ook sterk op data-ondersteunde besluitneming. Produsente het toegang tot ’n daaglikse markverslag, 'n weeklikse oorsig en selfs ’n podgooit met aktuele inligting oor plaaslike en internasionale markte, prysskommelings en weerstoestande. Intydse pryse is beskikbaar via die Senwes-app en webtuiste, terwyl ’n span bemarkingskonsultante in die veld gereed staan om persoonlike advies te gee.
van klimaatsverandering speel tegnologie ook ’n rol in risiko-bestuur. Volgens Henning kan vroeë stroop van graan – moontlik gemaak deur droërs – boere in staat stel om vroeër in hul lande te kom en vogbewaring toe te pas. “Dit help om grondvog te beskerm, wat krities is vir aanplantings in die volgende seisoen, veral in droogtejare.”