On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night OFM
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Finale wintergewas oes- en aanplantingsyfers vir 2024 goedgekeur

───   21:19 Thu, 15 May 2025

Finale wintergewas oes- en aanplantingsyfers vir 2024 goedgekeur | News Article
Die Oesskattingskomitee se aanvanklike ramings is hersien met behulp van die werklike leweringsyfers. Foto: Getty

Die Oesskattingskoppelkomitee het op 15 Mei 2025 tydens ’n vergadering die finale oes- en aanplantingsyfers vir kommersiële koring, gars, kanola en hawer vir die 2024-seisoen goedgekeur.

Die nasionale Oesskattingskomitee se aanvanklike ramings is hersien met behulp van die werklike leweringsyfers van die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens en die Departement van Landbou se opname oor plaasverbruik en retensies.

Volgens die hersiene syfers beloop die finale kommersiële koringoes nou 1,93 miljoen ton – 5 110 ton (0,27%) hoër as die oorspronklike raming van 1 924 890 ton. 

Gars se hersiene opbrengs is 372 250 ton, 1 750 ton (0,47%) laer as die oorspronklike skatting van 374 000 ton. 

Kanola se finale oes staan op 290 400 ton – 2 200 ton (0,76%) meer as die vorige raming van 288 200 ton, terwyl hawer se finale opbrengs 43 400 ton is – 600 ton (1,40%) hoër as die aanvanklike skatting van 42 800 ton.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.