On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Yvette
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Local News

FAS steeds reuse probleem in NK

───   16:21 Fri, 12 Oct 2012

FAS steeds reuse probleem in NK | News Article
Mariné Jacobs

Die Noord-Kaap het steeds die hoogste voorkoms van Fetale Alkoholsindroom te wêreld met sekere areas waar tot 12% van kinders met dié sindroom gebore word.

Só sê Leana Olivier, Hoof Uitvoerende-beampte van die Stigting vir Alkohol-verwante Navorsing.

Volgens Olivier is baie intensiewe navorsing rakende swanger vroue se drankgewoontes spesifiek in die De Aar, Upington en Kimberley omgewing gedoen.

Olivier sê onkunde is een van die grootste oorsake vir hierdie skoksyfers, maar Suid-Afrika se algemene drankverbruik dra ook by tot die probleem.

‘n Kind met Fetale Alkohol Sindroom word met breinskade gebore as gevolg van die ma se gebruik van alkohol tydens die swangerskap.

Slegs vier tot vyf sopies ‘n week is genoeg om die sindroom te veroorsaak.
 
Volgens Olivier is gerugte dat die sindroom oorkom kan word onwaar, omdat die breinskade permanent is.

Vir meer besonderhede oor die sindroom, asook bewusmakingsveldtogte kan www.farr-sa.co.za besoek word.



Podcasts

Leana Olivier:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.