On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Beweerde aanranding op Winburg-plaas ondersoek

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:11 Wed, 22 Jul 2015

Beweerde aanranding op Winburg-plaas ondersoek | News Article

Winburg - Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n klag van gewone aanranding nadat ‘n plaasbestuurder gisteraand na bewering deur twee mans buite sy huis op ‘n plaas tussen Winburg en Virginia oorval en aangerand is.

Polisiewoordvoerder, Ian Gaobepe, sê Josef Mathetau se hande is glo vasgebind. Volgens Gaobepe word niks van die toneel vermis nie.
 
Hy sê Mathetau het glo ontsnap en hulp by ‘n buurman gaan soek, waarna die polisie ontbied is.
 
Luidens ‘n verklaring van Vrystaat Landbou is Mathetau met ‘n voorwerp teen die nek geslaan, waarna hy sy bewussyn verloor het.
 
Vrystaat Landbou sê Alf Bronner, eienaar van die plaas waar Mathetau al 25 jaar werk, is bekommerd oor sy werknemer se welstand en hy sal sy toestand monitor. Volgens Bronner het Mathetau sy bewussyn verloor nadat hy geslaan is. Toe hy wakker word was die booswigte nog op die toneel.
 
‘n Swart driepootpot wat aan Mathetau behoort, is ‘n ent verder op ‘n oop vuur gekry met 'n sak vleis langsaan.
 
Gaobepe sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.
 
Die polisieondersoek duur voort.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.