On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

National

Gautengers het die meeste skuld

───   12:52 Tue, 15 Jan 2013

Gautengers het die meeste skuld | News Article
Gauteng het die hoogste verbruikerskuld per capita van al nege provinsies, het Suid-Afrika se Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) gesê.

Volgens ‘n opname deur die SAIRV is die land se ekonomiese hoofstad ook verantwoordelik vir byna die helfte van die land se verbruikerskuld.

Die gemiddelde individu in die provinsie skuld R4 260.

Die skuld sluit onder andere verbande en kredietfasiliteite in.

Georgina Alexander, ‘n navorser by die SAIRV, sê die provinsie het egter die hoogste jaarlikse gemiddelde huishoudelike inkomste in die land.

Sy sê mense wat ‘n groter inkomste verdien, kan geld makliker leen omdat hulle bates of inkomste het waarteen hulle geld kan leen.

“Aan die ander kant, is lae inkomstegroepe minder geneig om bates of ‘n groot genoeg inkomste te hê waarteen hulle geld kan leen.”

“So ‘n deel van die rede vir die hoë per capita-skuld in Gauteng is moontlik as gevolg van groter inkomstes in die provinsie,” het sy gesê.

Die Wes-Kaap is verantwoordelik vir 14% van die totale skuld in Suid-Afrika. Die provinsie met die laagste per capita-skuld is Limpopo, wat verantwoordelik is vir 4% van die land se skuld.

Sapa

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.