National
ANC-jeugliga wil Paul Kruger-standbeeld weg hê─── DANE BEISHEIM 15:11 Tue, 08 Sep 2015

Pretoria - Die ANC-jeugliga sê hulle gaan 'n optog in Pretoria lei en die verwydering van die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein eis.
Die David Motsamai-tak van die jeugliga in Sunnyside, Pretoria sê in 'n verklaring hulle is reeds besig om reëlings vir dié optog te tref.
Die jeugliga sal ook glo 'n versoekskrif oorhandig wat onder meer sal eis dat die standbeeld van Kruger vervang word met dié van struggle-ikone wat tydens die Rivonia-verhoor vervolg is.
Volgens politieke ontleder André Duvenhage dui dié optrede op die algemene wanfunksionering binne die liga se geledere sedert Julius Malema die leisels oorgeneem het.
Dane Beisheim/OFM-nuus
André Duvenhage: