On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

World News

Eiffeltoring getooi in SA vlag se kleure

───   08:49 Thu, 30 May 2013

Eiffeltoring getooi in SA vlag se kleure | News Article
Parys - Die Eiffeltoring in Parys, Frankryk, pronk vir die volgende paar aande in die kleure van die Suid-Afrikaanse landsvlag.

Suid-Afrika en Frankryk het ? kultuuruitruilooreenkoms, ingevolge waarvan die lande elke jaar om die beurt ? kultuurfees in die ander land aanbied.

Die Suid-Afrikaanse kultuurfees het 27 Mei in Frankryk afgeskop, en een van die hoogtepunte was toe die Eiffeltoring om 23:00 met die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag verlig is. Die Eiffeltoring gaan nog tot 2 Junie snags met die reënboogkleure verlig word.

Die Franse seisoen het verlede jaar van Julie tot November in Suid-Afrika plaasgevind en meer as 100 geleenthede is gehou om dit te vier. Suid-Afrika se seisoen in Frankryk gaan tot Desember regoor die land onder andere gevier word deur 30 uitstallings, 35 werkwinkels, 50 rolprente, 100 konserte, 150 Suid-Afrikaanse wynproe-sessies en 250 dans- en teaterstukke. Meer as 800 kunstenaars, navorsers en ander deelnemers verteenwoordig die land in die tydperk.

Maroela Media

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.