On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

International

Charlie Kirk: Verdagte glo in verhouding met transgender persoon

───   09:37 Mon, 15 Sep 2025

Charlie Kirk: Verdagte glo in verhouding met transgender persoon  | News Article
Die New York Jets het die naweek ’n roerende huldeblyk aan Charlie Kirk op die groot skerm vertoon. Foto: Skermskoot

Die verdagte wat daarvan beskuldig word dat hy die regse aktivis Charlie Kirk doodgeskiet het, verskyn Dinsdag (16/9) in die hof. Hy was glo in ’n romantiese verhouding met sy transgender huismaat.

Tyler Robinson (22), van Washington in Utah, verskyn Dinsdag (16/9) in die hof nadat Kirk (31) Woensdag (10/9) op ’n byeenkoms by die Utah Valley Universiteit dood is. Robinson word sonder borgtog aangehou op aanklagte van moord met verswarende omstandighede, die afvuur van ’n vuurwapen wat ernstige liggaamlike leed veroorsaak het, en regsverydeling.

Spencer Cox, Republikeinse goewerneur van Utah, sê Robinson was glo in ’n verhouding met sy huismaat wat tans deur ’n geslagsverandering gaan.

“Die huismaat was ‘n romantiese genoot,” het Cox aan NBC News se Meet The Press gesê. “Ons kan bevestig dat die huismaat ’n persoon is wat tans in die oorgang van man na vrou is.”

Polisiefoto’s van Tyler Robinson ná sy inhegtenisneming. Foto: Kantoor van Spencer Cox

Cox sê die huismaat gee ten volle samewerking in die ondersoek en het geen idee gehad dat die skietery sou plaasvind nie. Robinson gee egter nie sy samewerking nie, berig Sky News.

Kirk, medestigter van die konserwatiewe studentebeweging Turning Point USA, het gereeld anti-LGBTQ+-standpunte uitgespreek. Hy het transgender regte teengestaan en sy organisasie het betogings teen mediese sorg vir transgender persone geborg. 

Volgens The Salt Lake Tribune het hy die “transgender-ding” ’n “kloppende middelvinger vir God” genoem.

Spencer Cox, goeweneur van Utah. Photo: nga 

Die motief vir die skietery is steeds onbekend. Dit is nie amptelik bevestig of Robinson se verhouding of sy huismaat se geslag relevant is in die ondersoek nie. NBC berig die ondersoekspan probeer nog toegang verkry tot wolkberging gekoppel aan Robinson.

Cox het vroeër gesê die verdagte kom uit ’n konserwatiewe gesin, maar dat sy ideologie “heeltemal anders” was. Familie het glo gesê Robinson was krities teenoor Kirk, en het hom beskryf as “vol haat en verspreider van haat”.

Robinson, in die derde jaar van ’n elektriese vakleerlingskap by die Dixie Techical College in St. George, sal Dinsdag aangekla word,  volgens die kantoor van die staatsaanklaer in Utah. 

OFM Nuus cvs dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.