Yellow Door
Om jou beter te kan sien, my kind─── MARGARINE 20:40 Mon, 11 Nov 2013

Margarine is al met botox ingespuit. Op 28. Beat that. Maar nie in non-existent plooie nie. In haar oog. Sy is met botox ingespuit in haar freakin’ oog...
My oë. Die vensters van my siel. Mmm. Dit wys ook letterlik hoe ek party dae voel. Skeef. Abnormaal. Deurmekaar. Die een wat effens kleiner as die ander een is. Die feit dat hulle effens off-centre is. Die feit dat ek die heeltyd twee van alles sien. Strabismus. Dit is die fancy woord om te sê ek is skeel. My oë krap my glad nie soveel om soos my stem nie, maar dit frustreer my omdat dit my so gebreek laat lyk. Dit is so naby aan my brein en mense assume dus dat my brein ook effens off-centre moet wees. Dat ek bietjie mallerig moet wees. Prof Wessels het een keer op varsity gesê “never assume because it makes an ass of u and me.” Slim. Ass+u+me (net vir in case jy dit gemis het). Naturally dink ek mense wat sommer net aanneem my IK moet ‘n enorme hap inhê net omdat ek breinskade het, is ignorant assholes. En hulle laat my soos ‘n inadequate poephol voel. Dit is rêrig ongelooflik frustrerend en verkleinerend. In elk geval, my stem kan darem wegkruip in my keel. My oë is daar vir almal om te sien. So in your face. Dit laat my vreeslik vulnerable voel. En fragile. Bang.
Dit is deel van die rede hoekom ek ‘n oogklap dra. Om myself meer ‘user-friendly’ te maak. Meer approachable. Mense (en kindertjies) word nie afgesit deur ‘n oogklap nie, maar skewe oë laat hulle effens skrik en wye draai om my loop. Die ander rede is dat my dubbelvisie veroorsaak dat ek die heeltyd visuele input van twee verskillende rigtings af kry. Ek sien die heeltyd twee van alles wat dan nog boonop oorvleuel. Al die beweging uit letterlik twee verskillende rigtings, overload my brein en ek voel verward en moeg na 10 minute in die mall. So my oogklap is ook om my brein te beskerm teen te veel beweging en ligte, kleure en vorms, want my brein sukkel om sensoriese input te filtreer. Dit is alles wat jy met jou sintuie waarneem. So buiten alles wat ek sien, is daar nog geluide van mense wat praat, kinders wat lag, air cons wat dreun, messe en vurke wat teen borde skraap, trollies wat rattle, tille wat slaan, skoene wat squeak. En dis net die klank. Dan is daar nog al die reuke van kos en parfuum en popcorn en koffie en leer en toilette terwyl my mond al hoe droër word en ek kan voel hoe my tong benoud oor my tande begin streel en dan voel ek hoe iemand teen my vasloop en my rolstoel skommel bietjie en ek wil huil. Maar ek kan nie. En weer hoor ek Tanya sê “If you can’t be happy with what you have, be happy with what you have escaped”. So ten minste is ek nie blind nie? Ten minste kan ek nog hoor? Ten minste kan ek nog praat en ruik en proe? Soms is dit ‘n brawe troos, ander kere wil die belaglike compromise my laat gil en gil en gil.
Ek het al vier oog-operasies gehad. Een in November 2010, een in Februarie 2011, een in Augustus 2013 en ek het my vierde een nou die 30ste Oktober ondergaan. Quite fitting as jy dink dit was die 22ste Oktober 2013, vier jaar na die ongeluk. Vier jaar. Vier oog-operasies. My twintigste operasie in totaal. Twintig is so 'n mooi ronde getal. Dis nou genoeg, okay?
Die eerste twee oog-operasies was suksesvol, maar nie suksesvol genoeg nie. Dokter Du Plessis het toe besluit om my oogspiere met Botox in te spuit. Dokter Du Plessis is my oogspesialis in Pretoria. Hy het my vertel dat Dokter Alan Scott, ‘n oogspesialis in San Francisco, eintlik botox ontwikkel het vir terapeutiese doeleindes. Dit is eintlik in die laat 70’s ontwikkel om skeel oë mee te behandel. Maar in die middel tagtigs het Dokter Jean Carruthers, ‘n vroulike oogarts wat strabismus in kindertjies behandel, op ‘n dag besluit om haar plooie in te spuit, want sy het gereken as dit jou oogspiere kan laat verslap, kan dit sekerlik jou gesig uitstryk. Sy was reg. Haar logika het tot gevolg gehad dat honderd duisend vroue die opsie sou hê om die domste besluite ooit te maak, want botox laat mens nie jonger lyk nie. Wie dink jy fool jy? Praat van ABNORMAAL. Hulle het ‘n keuse, ek nie. Ja ja, en nou dink jy seker “Ja, maar wie kan nou eintlik sê wat is normaal?” Cut the crap. ‘n Gesig waarvan die vel so styf sit dat dit lyk asof die skedel daarmee oorgetrek is, is abnormaal. Iemand wat nie meer kan frons of lag nie omdat daar nie genoeg elastisiteit in hulle vel oor is om plooitjies te vorm nie, is abnormaal. ‘n 40-jarie vrou wat soos ‘n winkelpop lyk, kul niemand nie. Sy lyk ABNORMAAL. Anyway, in die vroeë 90’s het Botox toe skielik deel van die kosmetiese wêreld geword (te danke aan haar en haar man) en soveel aandag getrek op die gebied van plooie dat die oorspronklike doel daarvan skoon vergeet is.
Dokter du Plessis het gesê ek moenie worry nie, dit behoort nie seer te wees nie en dat net in 10% van die gevalle jou ooglid ook deur die botox verlam word. Hy het besluit om net my linkeroog te behandel aangesien dit die swakker een van die twee is. Tjo. Dit was by verre die seerste ding wat ek nog OOIT beleef het en ek is al deur BAIE. Dit het gevoel of hy ‘n brei-naald langs my oogbal afdruk en al die pad verby my oogbal skuur tot naby my brein en daar het hy rondgegrou tot hy my oogspier net op die regte plek beet gekry het. My oë was toe na die tyd mooi reguit, maar ek het nog steeds dubbelvisie gehad. Ek het wel nou baie minder unnerving gelyk - vir myself en ek vermoed vir ander mense ook. Ek het gereken dit sou ‘n rukkie neem vir my oë om gewoond te raak aan die verskuiwing en om te fokus en dan sal ek uiteindelik enkelvisie hê. Ek was halfpad reg. Ek het toe enkelvisie gekry. Drie dae later het ek wakker geword en ek kon my linkeroog glad nie oopkry nie. My boonste ooglid was vasgegom aan my onderste ooglid. Ek was deel van die 10%.
Eendag toe my ma my in dokter Du Plessis se spreekkamer instoot na my derde operasie, was daar ‘n vrou met tweelingdogtertjies. Die een se oë het fine gelyk, maar die ander enetjie se ogies het baie vreemd gelyk. Haar oë was basies die teenoorgestelde van myne. Waar my oë na die punt van my neus kyk, kyk hare na die kante toe. Jy weet, soos ‘n olifant s'n. Ek het haar jammer gekry. Ek het gedink hoe sy nie eers sorgvry kan huppel nie, want sy kan nie voor haar sien nie. Of om en om en om kan tol totdat sy dronkerig op die vloer neerplons nie. Ek het gewonder of het sy al sherbet by haar mond uitgeblaas soos 'n draak en dan iets viesliks verstik. Het sy al modderkoekies gebak? En dit geëet? Meeste kinders van haar ouderdom het nog nie geleer wat is moontlik en wat is onmoontlik nie, maar ek is seker sy weet. Sy wéét. Ek het gewonder hoe lyk haar wêreld. Ek het geweet die meeste eye irregularities is gewoonlik as gevolg van ongelukke, maar sy was nog so klein. Ek het dokter Du Plessis gevra. Ek wou weet of was sy so gebore en wat noem mens dit. Hy het gesê mens noem dit Duane sindroom en dit is basies die teenoorgestelde van my strabismus. Waar my buitenste oogspiere nie werk nie en my oë dus binnetoe getrek word deur my sterker, binneste oogspiere, werk haar binneste oogspiere nou weer nie en dus word haar oë na buite getrek. Hy het gesê hulle is van Windhoek en sy moet volgende jaar skool begin, maar sy kan nie voor haar sien nie. Sy moet haar kop die heeltyd na die kant gedraai hou om voor haar te kan sien en daarom het hulle by hom vir hulp kom aanklop. Vyf. Sy was net vyf. Ek het gefrons. Ek was omgekrap. Ontsteld. Jy kan even sê verontwaardig. Ek was eintlik pleinweg de moer in.
Die liggaam is so fragile. Die liggaam kan so lelik breek, maar dit kan ook so misvormd gebore word. Enige iets is moontlik. Dink aan ENIGE IETS en dan gaan jy google dit en jy sal meer as een storie daaroor kry. Iemand wat gebore word met vier bene. Check. Iemand wat gebore is sonder ore. Check. Met twee koppe. Met ses vingers aan een hand. Met net twee vingers aan een hand. Daar is mense wat blind gebore word. BLIND. En dis net die fisiese deel. As dinge emosioneel verkeerd loop is dit net so devastating. Bipolêre depressie, gesplete persoonlikhede, schizophrenia. Ek wonder of wie ookal die brein se blouplan uitgedink het, ooit kon imagine watse glitches daar sou insluip. Ek glo nie.
Vir twee dae na my laaste oog-operasie het dit gevoel asof my oogbal haarself wil opeet. Nou het sy uiteindelik gesettle en my dubbelvisie is beter, maar dit is maar nog steeds daar. Vandag is wel beter as gister en dis hoe mens survive. Rolling with the punches. Partymaal is dit bevrydend om stroom-op te wees, ander kere maak dit jou net moeg. Kies jou battles versigtig. Net omdat jy besluit om iets te laat vaar beteken nie jy gee op nie. Jy verkies bloot om jou aandag en energie te wy aan iets wat jy wel kan verander of verbeter. Dit help nie ek moan oor al my gebreke nie. Dit gaan niks verander nie. Ek gebruik liewers daai tyd en energie om die hier en nou te probeer verbeter. Dis moeilik, but I won’t stop trying. Deels om my eie sanity te behou en deels omdat ek, soos soveel Miss Worlds voor my, genuine net die aarde ‘n beter plek wil maak. Maak seker dat elke aand wanneer jy gaan slaap jy trots is op jouself en wat jy daai dag vermag het. Al is dit net ietsie kleins soos om vir ‘n vreemdeling te smile of om ‘n ou tannie oor die pad te help (het iemand dit al sien gebeur by the way? Hier in die regte lewe? Movies can be so misleading). Probeer elke dag beter maak as die vorige een. Vir jouself en vir ander. Jy speel ‘n groot rol in hoe jy die wêreld ervaar en ook hoe ander dit kan ervaar, want jy is in beheer van jou tong en jou bene. Use them wisely.
“How is it possible that a being with such sensitive jewels as the eyes, such enchanted musical instruments as the ears, and such fabulous arabesque of nerves as the brain can experience itself anything less than a god.” Alan Watts