On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

agri fokus

LADUUUUUMA! VIER DIE GEES VAN SOKKER MET SUID-AFRIKAANSE BRANDEWYN: DIE BESTE TER WERELD

───   14:47 Thu, 10 Jun 2010

LADUUUUUMA! VIER DIE GEES VAN SOKKER MET SUID-AFRIKAANSE BRANDEWYN: DIE BESTE TER WERELD  | News Article

GESAMENTLIKE VERKLARING DEUR AGRI SA & SA BRANDEWYNSTIGTING

LADUUUUUMA! VIER DIE GEES VAN SOKKER MET SUID-AFRIKAANSE BRANDEWYN: DIE BESTE TER WêRELD

 

‘n Profeet word wel vereer, behalwe in sy eie land – anders as met brandewyn, Suid-Afrika se mees gesogte drankie en die beste ter wêreld. Nasionale trots neem toe met reuse spronge as dit kom by hierdie ikoniese, multi-kulturele sopie, met globale erkenning vir ons bekroonde brandewyne wat nuwe hoogtes bereik.

 

“Met die wêreld se grootste sporttoernooi om die draai, kan sokker geesdriftiges en gaste van oor die wêreld wat ons land besoek hulself geniet met brandewyn - een van Suid-Afrika se mees ikoniese produkte met ‘n internasionale reputasie as die beste ter wêreld”. Ons ondersteun die Bafana sokkerspan in hierdie toernooi en vertrou dat hulle hul doelwit sal bereik – net soos ons plaaslike brandewyn reeds in die verlede gedoen het, sê Johannes Möller, President van Agri SA.

 

“So Suid-Afrikaans as Shosholoza, fynbos en die Klein Karoo, en so tradisioneel soos bobotie, Kaapse brandewyn-poeding en chakalaka – Suid-Afrikaanse brandewyn is een van die beste maniere om die land se diversiteit te ervaar,” sê Ielanda Koen, Hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting.

 

“Ons doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om die besoekers aan ons land bekend te stel aan ons goue drankie – ryk, met ‘n geskiedenis wat 300 jaar terug gaan. Vandag is Suid-Afrikaanse brandewyn ‘n integrale – en unieke – deel van die Suid-Afrikaanse wynbedryf, ‘n landbou- en kommersiële sektor wat tans werk verskaf aan 257 000 mense,” aldus Koen.

 

“Waar ons internasionale gaste ontvang, is daar niks beter as Kaapse brandewyn om hulle op te trakteer nie,” sê Riaan Marais, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting. “Die buitegewone gehalte en uniekheid van ons brandewyn word erken deur beoordelaars in die Internasionale Wyn- en Spiritus-kompetisie in London, wat oral beskou word as die “goue standaard” onder wyn-en-spiritus skoue. Oor drie dekades is nie minder nie as 12 Kaapse brandewyne bekroon as ‘n “Worldwide Best Brandy”, waarvan drie in die afgelope drie jaar van die kompetisie bekroon is.”

 

Vir sokker-ondersteuners is daar ‘n wonderlike nuwe manier om Suid-Afrika se wynlande te verken: die Wes-Kaapse Brandewyn-roete en die R62 Brandewyn-roete, wat heel waarskynlik die enigste brandewyn-roetes ter wêreld is. Vir wynliefhebbers om ‘n brandewyn-uitstappie mee te maak is nie so ‘n groot sprong nie: brandewyn word tog gemaak van wyn!

 

Besoekers sal goeie brandewyn teëkom oral in die wyngebiede van Stellenbosch, Paarl, Franschhoek, Wellington en Elgin. Vir ‘n stadige, rustige uitstappie deur die brandewyn-hartland neem die R62 Brandewyn-roete ten einde topgehalte brandewyne te ontdek – so uniek soos hul legendariese makers.

 

Die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting is lid van die ARA (Industry Association for Responsible Alcohol Use) en, soos wynmakers en stokers, is hulle sterk voorstaanders van verantwoordelike drankverbruik. Hou kop en geniet die wêreld se grootste sportstoernooi deur gematig te drink.

 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.