On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Duo roei vandag 2 200km vir liefdadigheid

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 01 Apr 2021

Duo roei vandag 2 200km vir liefdadigheid | News Article
FOTO: VERSKAF/EDWARD-JOHN HILL & TARO NIEHAUS

Twee vriende gaan van vandag, 1 April, af, vir sowat 50 dae aan 2 200km in hulle kajak roei. Dit is ter wille van liefdadigheid.

Edward-John Hill sê hy en sy vriend, Taro Niehaus, gaan via die Oranjerivier vanaf Lesotho tot in Namibië roei. 

Sien onderstaande PODCAST

Hill, ook bekend as Bean, sê geen woorde kan beskryf hoe hulle in hierdie stadium voel nie.

Hy deel dat hulle reeds vir maande voorberei het vir hierdie rit. Die meeste voorbereiding is sielkundig, sowel as op Google Earth. Hulle doen ook kosvoorbereidings aangesien hulle nie baie kos sal kan saamneem nie. Wat oefening aanbetref het hulle op die see in Langebaan geoefen om fiks te raak vir hierdie uitdaging.

“Daar is party gedeeltes [op die rivier] waar ons vir sewe dae niemand anders sal kan sien nie. So, die logistieke beplanning agter dit is ongelooflik,” het Hill voorheen met OFM-nuus gedeel.

Hierdie uitdaging is in samewerking met Chris Van Beljon se Bring Hoop-projek nadat Hill besef het hoe moeilik dit kan wees om fondse te werf vir, onder meer, droogtehulp.

Die duo hoop om sowat R3 miljoen in te samel wat hulle in staat sal stel om, onder ondere, boere wat in nood verkeer weens erge droogte te kan help.

Indien die publiek ‘n skenking wil doen, kan hulle Boere Droogtehulp SA se webtuiste besoek vir die rekeningnommer, sowel as die Facebook-blad Kayak for Charity vir meer inligting. 



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.