On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Twee roei in kajak vir #Droogtehulp

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 16 Mar 2021

Twee roei in kajak vir #Droogtehulp | News Article
Foto: Verskaf

Twee mans gaan 2 200 km in 'n kajak roei om geld in te samel vir onder meer droogtehulp.

Een van die roeiers, Edward-John Hill, ook bekend as Bean, sê hulle gaan vanaf Lesotho tot in Namibië via die Oranjerivier vir sowat 50 dae lank roei vir liefdadigheid. 

Sien onderstaande PODCAST

Sy vriend, Taro Niehaus, sal hierdie rit - wat sowat 50 dae sal neem om te voltooi - saam met hom aanpak.

Hill sê Niehaus is die perfekte spanmaat aangesien hy reeds verskeie Afrika-rekords, onder meer, gewen het vir vlieërbranderry of “kite-surfing" en hy beskryf hom as ‘n “watermens” wat hierdie moeilike toestande saam met hom sal kan baasraak.

Verder verduidelik hy dat hulle tans in Langebaan op die see oefen en sowat 15 dae oor het voordat hulle op 1 April die Oranjerivier aanpak.

Hill sê die meeste voorbereiding is sielkundig, sowel as op Google Earth. Hulle doen ook kosvoorbereidings aangesien hulle nie baie kos sal kan saamneem nie.

“Daar is party gedeeltes waar ons vir sewe dae niemand anders sal kan sien nie. So, die logistieke beplanning agter dit is ongelooflik baie,” verduidelik Hill.

Hill deel dat hulle hierdie uitdaging in samewerking met Chris Van Beljon se Bring Hoop-projek aanpak en hulle dra ook die rit op aan die 19-jarige Klarissa Joubert wat haar lewe in Januarie vanjaar in die Oranjerivier verloor het.

Hill sê hulle hoop om sowat R3 miljoen in te samel gedurende hierdie inisiatief wat hulle in staat sal stel om, onder meer, boere wat in nood verkeer weens erge droogte te kan help.



Indien die publiek ‘n skenking wil doen kan hulle die Quicket-skakel besoek sowel as die Facebook-blad Kayak for Charity  vir meer inligting. Die publiek kan ook Boere Droogtehulp SA se webtuiste besoek vir die rekeningnommer.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.