On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 23 Apr 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark bly sterk en verhandel steeds hoër met die bekommernisse rakende die aanplantings.

Die weeklikse etanol-produksiesyfers is onveranderd gelaat vanaf die vorige week se syfers en dit lyk of die etanolproduksie nou eers 'n plato bereik het.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R53/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 253/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R56/ton hoër verhandel om teen R3 381/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark verhandel steeds sterker met die markdeelnemers wat die aanplantings in die VSA fyn dophou.

China koop steeds heelwat sojabone aan en het weer groot aankope gerapporteer.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R34/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 266/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark verhandel sterker weens ongunstige weerstoestande.

Die groot vraag na voerkoring in China ondersteun ook die wêreld-koringpryse.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R5/ton hoër verhandel om teen R4 960/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.