On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 26 Apr 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag sterker verhandel om die week hoër af te sluit.

Privaat uitvoerders het Vrydag twee groot uitvoerverkope aan die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R18/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 268/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R21/ton hoër verhandel om teen R3 399/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het ook Vrydag goeie ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die aanplantings in die VSA kan steeds nie optimaal plaasvind nie en dit bied ondersteuning aan die Amerikaanse mark.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021 R43/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 232/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

In Frankryk lyk die koring produksietoestande goed met 85% van die Franse koring wat in ? goeie tot uitstekende toestand gerapporteer word.

Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R22/ton hoër verhandel om teen R4 976/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.