On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 05 May 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 46% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds aangeplant.

Die 46% mielies in die VSA wat reeds aangeplant is, is hoër as die 5 jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R18/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 425/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021, R35/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 573/ton te sluit.


Sojabone:

Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 24% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds aangeplant.

Die 24% sojabone in die VSA wat reeds aangeplant is, is 13% meer as die 5 jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die verdere kontrakmaande wat tans gelys is, terwyl die Mei-kontrak onder druk gekom het.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R38/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 390/ton te sluit.


Koring:

Volgens die USDA se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 48% van die Amerikaanse winterkoring  in 'n goeie tot uitstekende toestand.

Die 48% winterkoring in die VSA wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is 7% swakker as die vorige seisoen se produksietoestande teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R3/ton laer verhandel om teen R5 082/ton te sluit.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.