On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Wanpersepsies en voordele van aartappels

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 12 May 2021

Wanpersepsies en voordele van aartappels | News Article
FOTO: POTATOES.COM

Daar is geen twyfel dat wanpersepsies rondom aartappels bestaan nie.

Een hiervan is dat dit ongesond is. Maar Willie Jacobs, hoof uitvoerende beampte van Aartappels SA, sê mense moet wel in ag neem wat hulle saam met aartappels gebruik. 

Sien onderstaande PODCAST

Jacobs sê dat aartappels geklassifiseer is as ‘n hartveilige produk en “dit kom daarop neer dat jy ‘n aartappel moet gebruik soos wat hy uit die grond uit kom… die aartappel moet in sy skil voorgesit word want ‘n groot gedeelte van sy voedingswaarde is werklik eintlik maar saam met die gedeeltes wat in die skil sit.”

Hy maan verbruikers om versigtig te wees oor die tipes olie wat gebruik word wanneer, byvoorbeeld, aartappelskyfies voorberei word.

Met dit gesê, sluit van die voordele van aartappels in dat dit ‘n gebalanseerde maaltyd is en ook baie vullend kan wees. Jacobs voeg by dat ander voordele insluit dat dit veelvoudig is en maklik verwerk kan word. Aartappels kan ook met ‘n wye verskeidenheid ander produkte geniet word.

Daarmee saam het ASA die #WhenHopeWhispers-veldtog van stapel gestuur wat ten doel het om die ontembare gees en bydraes van verskillende belanghebbendes uit die aartappelbedryf uit te lig. Hierdie veldtog skyn lig op onder meer produsente, verbruikers, winkels sowel as informele nedersettings.

Die advies wat Jacobs vir diegene het wat belangstel om aartappels aan te plant sluit in om kontak te maak met iemand wat reeds in die aartappelbedryf is. Dit, sodat voornemende produsente die regte advies en informasie kan ontvang voordat hulle aartappels begin plant.

Hy voeg by dat kapitaal nodig is om alles aan die gang te kry, maar voeg by dat daar maniere is om hulp in terme van kapitaal te kan ontvang.

Verder verseker Jacobs aartappelprodusente dat hulle gewaardeer en erken word vir hulle bydrae tot die bedryf. Hy moedig produsente aan om in kontak met ASA te tree indien hulle enige hulp of fasilitering benodig.

Besoek potatonation.co.za vir meer inligting en lekker aartappelresepte.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.