On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 17 May 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

 Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag vir die derde agtereenvolgende sessie laer gesluit vir die dag.

Die druk op die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan die fondse wat van hul lang posisies in die mark ontslae geraak het.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R77/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 370/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R68/ton laer verhandel om teen R3 539/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die verwagting is dat die Amerikaanse sojaboon-aanplantings vir die seisoen laer behoort te wees as wat in Maart geskat was.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal gemeng verhandel met van die kontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl ander kontrakte onder druk gekom het.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R19/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 622/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag gemeng verhandel en het eers onder druk gekom, maar het later ondersteuning gevind en sterker verhandel vir die dag.

In Frankryk word 79% van die koring in 'n goeie tot uitstekende toestand geskat.

Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal gemeng verhandel met van die kontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl ander kontrakte onder druk gekom het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R40/ton hoër verhandel om teen R5 230/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.